AfrikaansKatoliek-Seiesoen-en-Feeste
AfrikaansKatoliek-Seiesoen-en-Feeste

'DIE BLYE BOODSKAP VAN JESUS CHRISTUS'

SEISOENE & FEESTE | DIE HEILIGE AARTSENGELE

WIE IS DIE AARTSENGELE?

Die drie Aartsengele wat die Kerk by die naam vereer, is Sint Michael, Sint Gabriël en Sint Raphael. Hulle is ook die enigste drie engele wat by die naam in die Heilige Skrif genoem word. Die fees van al drie aartsengele word op 29 September gevier. In die "ou" kerkkalender was 29 September as Feesdag aan Sint Michael gewy gewees, terwyl Sint Gabriël  s'n op 24 Maart (die dag voor die Aankondiging) en Sint  Raphael s'n op 24 Oktober onderskeidelik gevier was. Gemeenskappe wat die Buitengewone Vorm van die Romeinse Rite vier, gedenk nog steeds die drie Feeste apart.


Die Engel van die Here het aan Maria, die boodskap gebring ...


 "In die sesde maand is die engel Gabriël deur God gestuur na Nasaret, 'n dorp in Galilea, na 'n maagd wat verloof was aan 'n man met die naam Josef, uit die nageslag van Dawid. Die maagd se naam was Maria."  (Lukas 1:26-27)

WAT IS DIE VERSKIL TUSSEN 'N ENGEL EN 'N AARTSENGEL?

Anders as mense wat 'n gemeenskaplike wese deel, leer Sint Thomas van Aquino dat elke engel,  'n suiwer en unieke geestelikewese is. Dit is hulle mate van ooreenkoms met God en Sy Goddelike Gees wat onderskei hulle, eerder as die materiële verskille wat dit moontlik maak om individuele mense te identifiseer. Nietemin kan hulle steeds in groepe geklassifiseer word: Die groepe word kore genoem en word bepaal volgens die Engelse se geestelike onderlinge ooreenkomste en die missies wat God aan hulle toevertrou het.


Die naaste aan God vind ons die geestelikewesens van die hoogste kore, die Serafyne, Gerubyne en Trone; aan die teenoorgestelde kant en die naaste aan die mensdom, en die geestelikekwesens, meeste soos ons in gees, vind ons die sogenaamde laer kore. Onder hulle tel die Aartsengele en Engele, wat dien as Meerdere en Mindere Boodskappers van God (Grieks, aggelos) vir die mensdom.


Ons beskik oor die name van drie van die sewe Aaartsboodskappers, Migael, Rafael en Gabriël, wie in die Heilige Skrif genoem word. Sint  Rapahel identifiseer homself as een van sewe wat voor die troon van God staan (Tobit 12:15). Die name van die ander vier aartsengele word nie aan ons gegee om te weet nie, en die Kerk verbied ons om enigeen behalwe die drie wie se name in die Skrif geopenbaar is, by naam aan te roep.


Van Sint Thomas van Aquino het ons die volgende hiërargiese lys van die nege engekore ontvang; 'n lys van die tradisionele name uit Hebreeus en Grieks wat weer deur Sint Hieronimus in die Latynse Vulgaat ongeneem is. 


  • Serafyne (Jesaja 6:2, 6, seraphin) 
  • Gerubyne (Gen. 3:24, Heb. 9:5, cherubin) 
  • Trone (Kol. 1:16, throni) 
  • Heerskappy (Kol. 1:16, Ef. 1:21, dominationem) 
  • Deugde (Ef. 1:21, virtutem) 
  • Magte (Rom. 8:38, Ef. 1:21, potestatem) 
  • Owerhede (Kol. 1:16, Ef. 1:21, principatum) 
  • Aartsengele (Op. 12:7, Judas 9, archangelus)
  • Engele (meer as 300 verwysings, angelus) 

MOET NIE AGTERWEË GELAAT WORD NIE

Get 10% off your first purchase when you sign up for our newsletter!

'n AFLAAIBARE E-BOEK

'n AFLAAIBARE E-BOEK

"DIE STRYD TEEN DIE DUIWEL, WAT DIE HOOFTAAK VAN SINT MICHAEL DIE AARTSENGEL IS, WORD VANDAG NOG GEVOER, WANT DIE DUIWEL LEEF NOG EN IS AKTIEF IN DIE WÊRELD."


Pous Sint Johannes Paulus II

SINT MICHAEL WORD GEWOONLIK MET 'N SWAARD UITGEBEELD WYL IN STRYD MET DIE DUIWEL ....

DIE AARTSENGEL, SINT MIGAEL

WAT IS DIE HEBREEUSE BETEKENIS VAN MIGAEL?

Ten opsigte van St. Michael: Pous Sint Johannes Paulus II het gesê: "Sy naam is 'n samevatting wat die wesenlike gesindheid van die goeie geeste verteenwoordig. 'Mica-E' beteken in werklikheid: 'Wie is soos God?' In dié naam vind ons dus die reddende keuse waardeur die engele 'die aangesig van die Vader sien', Hy wat in die hemel is.

WIE WORD AS DIE HOOFENGEL BESKOU?

Sint Michael is die "Prins van die Hemelse Leërskare." 

WIE EN WAT IS SINT MICHAEL DIE BESKERMHEILIGE VAN?

WIE EN WAT IS SINT MICHAEL DIE BESKERMHEILIGE VAN?

Sint Migael is die beskermheilige van Kruideniere, Soldate, Dokters, Seevaarders, Nooddienswerkers en polisiebeamptes. 'n Nog belangriker rol wat hy vervul is die van die Bewaker van die Kerk, soos hy in die Ou Testament aangedui word (Daniël 10). Hy word ook as beskermheilige van Omroepers geëien.

HOEKOM IS DIE AARTSENGEL MIGAEL 'N HEILIGE?

WIE KAN OP ST MIGAEL SE BESKERMING AANSPRAAK MAAK?

WIE EN WAT IS SINT MICHAEL DIE BESKERMHEILIGE VAN?

Om "Heilige" genoem te word beteken dat die heiligheid van hetsy 'n mens of 'n engel. erken word. Die term word dus op baie maniere gebruik. St. Paulus praat in sy briewe van die regverdiges as "heiliges." Die Kerk praat van gekanoniseerde heiliges, diegene wie se heldhaftige deug deur hulle lewenswyse en -wandel sigbaar was en wie se teenwoordigheid by God bevestig is deur hul kragtige voorbidding.


Aangesien St. Migael een van die heilige Aartsengele is, is hy 'n heilige in beide die algemene sin van "regverdig" en in die spesifieke sin om deur die Kerk erken te word as vir ewig met God. Dit geld ook vir die ander twee Aartsengele, Sint Gabriël en Sint Raphael. 

WIE KAN OP ST MIGAEL SE BESKERMING AANSPRAAK MAAK?

WIE KAN OP ST MIGAEL SE BESKERMING AANSPRAAK MAAK?

WIE KAN OP ST MIGAEL SE BESKERMING AANSPRAAK MAAK?

Enigiemand kan op Sint Migael se beskerming aanspraak maak en daarvoor vra, maar Sint Migael vergdedig veral teen die bose. Pous Leo XIII (1878-1903) het 'n visioen gehad van die boosheid wat in die komende eeu die wêreld sou teister. In reaksie hierop het hy die bekende Sint Migael-gebed gepen geskryf wat vandag nog op vele plekke aan die einde van die Heilige Mis viering gebid word.


WAT LEER ONS OMTRENT MIGAEL UIT DIE BYBEL?

WIE KAN OP ST MIGAEL SE BESKERMING AANSPRAAK MAAK?

WIE KAN OP ST MIGAEL SE BESKERMING AANSPRAAK MAAK?

Sint Migael word verskeie kere in die Bybel by naam genoem. Sy naam kom die eerste keer in die boek Daniël voor waar hy "een van die hoofvorste" genoem word (Daniël 10:13). In die boek van Judas word hy spesifiek 'n aartsengel genoem,


In die Boek Openbaring (12:7-9), lees ons die volgende: En daar het oorlog uitgebreek in die hemel: Migael en sy engele het teen die draak oorlog gevoer. Die draak en sy engele het ook oorlog gevoer, maar was nie sterk genoeg nie – daarom was daar nie meer vir hulle plek in die hemel te vind nie. Die groot draak, die slang van weleer, wat Duiwel en Satan genoem word, die verleier van die hele bewoonde wêreld, is toe uitgegooi. Hy is op die aarde neergegooi, en saam met hom ook sy engele. 

'N GEBED OM DIE VOORSPRAAK VAN SINT MIGAEL

Heilige Aartsengel Migael,

verdedig ons in die stryd,

wees ons beskerming teen die boosheid en liste van die duiwel.

In nederigheid smeek ons u:

dat God deur u ons van alle onheil sal bewaar,

U is die aanvoerder van die hemelse leërmagte,

verdryf die Satan en alle bose geeste,

wat rondsluip op soek na siele;

dryf hulle deur die goddelike krag terug na die hel toe.

(Voeg gerus die volgende by)

Allerheiligste Hart van Jesus, ontferm U oor ons.

Soete Hart van Jesus, ontferm U oor ons 

en ons afgedwaalde broers en susters. AMEN.

"WANNEER JY VOOR DIE ALTAAR IS WAAR CHRISTUS RUS, MOET NIE DINK DAT JY ONDER MENSE IS NIE; MAAR GLO DAT DAAR SKARE ENGELE EN AARTSENGELE IS WAT BY JOU STAAN EN BEWE VAN RESPEK VOOR DIE SOEWEREINE MEESTER VAN HEMEL EN AARDE. WANNEER JY IN DIE KERK IS, WEES DAAR IN STILTE, VREES EN VERERING!


Sint Johannes Chrysostomus

SINT GABRIËL WORD TRADISIONEEL MET LELIES, DIE SIMBOOL VAN SUIWERHEID, UITGEBEELD ...

DIE AARTSENGEL, SINT GABRIËL

WAT BETEKEN GABRIËL IN HEBREEUS?

WIE OF WAT IS GABRIËL BESKERMEHEILIGE VAN?

WIE OF WAT IS GABRIËL BESKERMEHEILIGE VAN?

 Pous Sint Johannes Paulus II het hieromtrent gesê: "[St. Gabriël se] naam beteken: 'my krag is God' of 'krag van God', asof om te sê dat die hoogtepunt van die skepping, die menswording, die hoogste teken van die almagtige Vader is." 

WIE OF WAT IS GABRIËL BESKERMEHEILIGE VAN?

WIE OF WAT IS GABRIËL BESKERMEHEILIGE VAN?

WIE OF WAT IS GABRIËL BESKERMEHEILIGE VAN?

Sint Gabriël is die beskermheilige van telekommunikasiewerkers, radio-uitsaaiers, poswerkers en boodskappers 

WAT LEER ONS OMTRENT GABRIËL UIT DIE BYBEL?

WAT LEER ONS OMTRENT GABRIËL UIT DIE BYBEL?

WAT LEER ONS OMTRENT GABRIËL UIT DIE BYBEL?

Sint Migael word verskeie kere in die Bybel by naam genoem. Sy naam kom die eerste keer in die boek Daniël voor waar hy "een van die hoofvorste" genoem word (Daniël 10:13). In die boek van Judas word hy spesifiek 'n aartsengel genoem,

In die Boek Openbaring (12:7-9), lees ons die volgende: 


 7En daar het oorlog uitgebreek in die hemel: Migael en sy engele het teen die draak oorlog gevoer. Die draak en sy engele het ook oorlog gevoer, 8maar was nie sterk genoeg nie – daarom was daar nie meer vir hulle plek in die hemel te vind nie. 9Die groot draak, die slang van weleer, wat Duiwel en Satan genoem word, die verleier van die hele bewoonde wêreld, is toe uitgegooi. Hy is op die aarde neergegooi, en saam met hom ook sy engele. 



WAT LEER ONS OMTRENT GABRIËL UIT DIE BYBEL?

WAT LEER ONS OMTRENT GABRIËL UIT DIE BYBEL?

WAT LEER ONS OMTRENT GABRIËL UIT DIE BYBEL?

 In die boek Daniël word twee aartsengele: Migael en Gabriël genoem. In hierdie Ou Testamentiese boek lees ons dat die Aartsengel Gabriël, Daniël se visioene uitgelê of geinterpreteer het.


Gabriël is egter veral bekend vir sy rol in die Nuwe Testament. Sagaria, ' n Joodse priester, en sy vrou Elisabet kon nie kinders hê nie, en Elisabet was verby die vrugbare jare van swangerskap. Sint Gabriël het Sagaria genader terwyl die priester wierook in die tempel gebrand het. Die engel het gesê, "Moenie bang wees nie, Sagaria, want jou gebed is verhoor, en jou vrou Elisabet sal vir jou 'n seun baar, en jy sal sy naam Johannes noem" (Lukas 1:13). Sagaria het Gabriël  se woorde betwyfel. In antwoord hierop het die aartsengel gesê:  Daarop antwoord die engel hom: “Ek is Gabriël , wat in die teenwoordigheid van God staan. Ek is gestuur om met jou te praat en hierdie goeie boodskap vir jou te bring. Ek sê vir jou: Omdat jy my woorde, wat op hulle vasgestelde tyd in vervulling sal gaan, nie geglo het nie, sal jy stom wees. Jy sal nie kan praat nie, tot op die dag waarop hierdie dinge gebeur.”  (Lukas 1:19-20). Die kind wat vir Sagaria en Elizabeth gebore is, was Johannes die Doper.

Die Engel Gabriël  het ook aan die Maagd Maria by die Aankondiging van die Here se Geboorte (Feesdag: 25 Maart) verskyn. Die Lukas-evangelie beskryf die verskyning volledig in die 1ste Hoofstuk verse 26 tot 38: 

 

"26In die sesde maand is die engel Gabriël deur God gestuur na Nasaret, 'n dorp in Galilea, 27na 'n maagd wat verloof was aan 'n man met die naam Josef, uit die nageslag van Dawid. Die maagd se naam was Maria. 28Die engel het na haar gegaan en gesê: “Gegroet, begenadigde vrou! Die Here is met jou!”

29Sy was verward oor die woorde en het gewonder wat hierdie groet tog kon beteken. 30Die engel het vir haar gesê:

“Moenie bang wees nie, Maria,

want jy het genade by God gevind.

31Kyk, jy sal swanger word

en aan 'n seun geboorte skenk.

Jy moet Hom Jesus noem.

32Hy sal magtig wees,

en die Seun van die Allerhoogste genoem word.

En die Here God sal aan Hom

die troon van sy voorvader Dawid gee.

33 Hy sal vir ewig oor die nageslag van Jakob regeer.

Aan sy heerskappy sal daar geen einde kom nie. ”

34Maar Maria het vir die engel gesê: “Hoe kan so iets moontlik wees, aangesien ek nie gemeenskap met 'n man het nie?” 35Die engel het haar geantwoord:

“Die Heilige Gees sal oor jou kom

en die krag van die Allerhoogste

sal jou oorskadu.

Daarom sal die Kind wat gebore word, heilig wees;

Hy sal Seun van God genoem word.

36“Kyk, Elisabet, 'n familielid van jou, is ook swanger, en sy verwag 'n seun ten spyte van haar hoë ouderdom. Alhoewel sy vroeër as onvrugbaar beskou is, is sy reeds ses maande swanger, 37 want geen woord wat van God af kom, is kragteloos nie.” 38Toe sê Maria: “Kyk, ek is die diensmeisie van die Here. Mag met my gebeur volgens u woord.” En die engel het van haar af weggegaan."

Philippe de Champaigne, 1601 - 1674, The Annunciation. 1644

'N GEBED OM DIE VOORSPRAAK VAN SINT GABRIËL

Krag van God, Heilige Gabriël

u het aan die Maagd Maria die boodskap

van die menswordig van God 

se eniggebore Seun deurgegee;

vir Christus he u bygestaan

in sy uur van uiterste droefheid;

ek loof en vereer u, uitverkore gees,

en bid u om my voorspreker te wees 

by my Verlosser, Jesus Christus,

en sy geseënde maagdelike moeder Maria.

Vertroos en versterk my in al my ellende,

sodat ek mooit deur 

die versoeking oorweldig sal word

en God daardeur beledig nie. AMEN.

"BESKOU HOE VERHEWE DIE VOORREG WAAR ENGELE AANWESIG IS EN AARTSENGELE RONDOM MAG DWAAL, WANNEER GERUBYNE EN SERAFYNE DIE TROON MET HUL LIGGLANS OMRING, SODAT 'N STERFLING MET ONBEPERKTE VERTROUE KAN NADER EN MET DIE GEVREESDE HEERSER VAN DIE HEMEL KAN GESELS! O, WATTER EER IS AL OOIT SO TOEGESTAAN?


Sint Johannes Chrysostomus

SINT RAFAEL WORD TRADISIONEEL UITGEBEELD MET 'N VIS, DIE SIMBOOL VAN RAFAEL SE ROL IN GEESTELIKE EN FISIEKE GENESING ...

DIE AARTSENGEL, SINT RAFAEL

WIE EN WAT IS RAFAEL BESKERMHEILIGE VAN?

Rafalel is die beskermheilige van reisigers, blindes, verpleegsters, aptekers, dokters en siekes.

WAT LEER ONS OMTRENT RAFAEL UIT DIE BYBEL?

In die boek Tobit, een van die Deuterokanonieke boeke van die Bybel, reis 'n man by name van Tobias, saam met Sint Rafael, die aartsengel,  wat homself as Tobias se familielid voorstel.  Hy help Tobias uiteindelik op twee wyses: Eerstens bevry hy 'n jong vrou, Sara, uit geestelike slawerny. Sy was sewe keer getroud, en 'n demoon het elke man op hul huweliksnag doodgemaak. Tobias trou uiteindelik met Sarah, met Rafael se hulp. S

Sint Rafael help ook om die sig van Tobias se pa, Tobit, wat blind geword het, te herstel. 

WAT BETEKEN RAFAEL IN HEBREEUS?

WAT BETEKEN RAFAEL IN HEBREEUS?

Pous Sint Johannes Paulus II het gesê: "Laastens kom die derde aartsengel Rafael aan die beurt. 'Rafa-EL' beteken: 'God genees.'  Hy word aan ons bekend gestel deur die verhaal van Tobias in die Ou Testament, wat so betekenisvol is vir wat dit oor die toevertrouing van die klein kindertjies, wat altyd toesig, sorg en beskerming benodig, en wat deur God aan die engele toevertrou is, sê."

RAFAEL EN DIE VIS?

WAT BETEKEN RAFAEL IN HEBREEUS?

 In die boek Tobit word ons vertel dat terwyl Tobias en Rafael saam gereis het, Tobias in die Tigrisrivier gaan was het. 'n Vis het hom probeer aanval, maar Sint Rafael het vir hom gesê om die vis te vang en die hart, lewer en gal te verwyder. Hy het dit toe gebruik om Sara van die demoon te verlos en Tobit van sy blindheid 

Natuurlik was dit deur goddelike krag dat hulle geestelike en materiële genesing bewerkstellig is. Die aartsengel in sy menslike vermomming het egter materiële middele as tekens gebruik, net soos Christus sy spoeg en vuil gebruik het, en die Kerk materie in die sakramente gebruik, as sigbare tekens van geestelike werklikhede.

St Raphael the Archangel - Miguel Cabrera

'N GEBED OM DIE VOORSPRAAK VAN SINT RAFAEL

Heilige Rafael, 

hemelse geneesheer en allertrouste leidsman,

u het die oue Tobias sy sig terug gegee en 

die jong Tobias op sy reis bygestaan en in gesondheid gelei;

ek bid u;

wees die geneesheer van my siel en liggaam,

verdryf die skadu's van my onkunde en staan my voordurend by in

al die gevare wat my pelgrimstog op hierdie aarde in die gesig staar,

Bewaar my sodat ek eendag velig my hemelse vaderland sal bereik,

waar ek saam met u in ewige geluk

in die Goddelike Aanskyn sal staan. AMEN.

SOSIALE MEDIA BRONMATERIAAL

'n AFLAAIBARE KAART

AfrikaansKatoliek - Seisoene en Feeste

Copyright © 2025 AfrikaansKatoliek-Seisoene-en-Feeste - All Rights Reserved.

Powered by

This website uses cookies.

We use cookies to analyze website traffic and optimize your website experience. By accepting our use of cookies, your data will be aggregated with all other user data.

Accept