Op Allerheiligedag vereer ons die heiliges in die Hemel – diegene wat deur die Kerk as heiliges erken is, sowel as diegene wat nie heilig verklaar is nie. Die Hoogfees het sy oorsprong in Rome as 'n direkte gevolg van die keiser se skenking van die Pantheon (die tempel aan al die gode) aan die Kerk en haar toewyding aan die Maag Maria en al die martelare. Die beginsel van "Christus vincit Christus regnat! Christus imperat!" (Christus oorwin, Christus regeer, Christus beveel) is hier toegepas. Dwarsdeur die Middellandse See-gebied sien mens dat dus baie kerke oor heidense plekke gebou is, wat die plekke dan vir Christus geheilig het. Die Kerk vier die Hoogfees van Allerheiliges amptelik op 1 November
Die fees is oorspronklik op die datum van die Pantheon se toewyding, 13 Mei 609 gevier en die datum was ook die datum van 'n reeds bestaande fees in die Ooste. Dit is later verskuif na die huidige datum op die Romeinse kalender, waar Allersiele-fees gevolg word deur die Hoogfees van Allersiele, dus daardie regverdige oorledenes wat in die Vagevuur gereinig word. In die Suider-Afrikaanse Katolieke Biskoppe Konferensiegebied is dit jare lank al die gebruik dat die viering van die Hoogfees van Allerheiliges na die SONDAG ná 1 November oorgeplaas word, sodat die grootste aantal gelowiges die kans gegun word om die Hoogfees te onderhou.
Allerheiligedag word ter ere van daardie siele wat in die hemel is gevier terwyl Allersieledag ons weer herinner aan ons Christen plig om te bid vir die Siele in die Vagevuur wat nog nie die Hemel bereik het nie.
Ja. Die Kerk het sommige mense heilig verklaar, maar daar is talle ander wat nog nooit as Heiliges in die Hemel erken is nie, hetsy in die vroeë Kerk of deur 'n formele kanoniseringsproses.
Ons kan sê dat Heiliges gewone mense is wat Jesus liefhet, wat probeer om soos Hy te wees, wat getrou is aan die pligte van hul slewenstaat, wat hulself opoffer vir hul naaste en hul harte en gedagtes vry hou van hierdie wêreld.
'n Gekanoniseerde (verklaarde) heilige is iemand wat, na deeglike oorweging en ondersoek, formeel deur die Kerk erken word as één wat saam met God in die Hemel is. Dit sluit in die heilige engele, die regverdiges van die Ou Verbond (koning Dawid, die profete, ens.), heilige manne en vroue wat in die Nuwe Testament genoem word (Maria, Josef, die apostels ens.), sowel as diegene wat in die vroeë Kerk erken word deur die insluiting van hulle name in die kanon van die Heilige Mis in te voeg. Sedert die Tweede Millennium het hierdie proses van "heiligverklaring" 'n meer formele formaat aangeneem en geword.
Natuurlik, en alhoewel die Kerk slegs Katolieke as voorbeelde vir die gelowiges verklaar, ereken Sy dat diegene wat onkundig is oor die waarheid van die Geloof - soos deur die Katolieke Kerk voorgehou en geleer, steeds vir Christus kan lewe en vir Christus kan sterf. In die 20ste eeu is die getalle nie-Katolieke martelare onder die Nazi's en Sowjetstelsels alleen waarskynlik in die duisende, om nie van die ontelbare miljoene wat getrou hul geloof in en liefde vir Jesus uitgeleef het. te vergeet nie. Daardie regverdiges is ook met God, en soos vir Katolieke, word enige onvolmaaktheid van hulle gemeenskap met Christus en Sy Kerk, volmaak in die Vagevuur genees.
Hebreërs 12:1
Ja. As ons ons vriende en familie sou vra om vir ons intensies en bedoelings te bid, waarom sou ons nie ook diegene wat die naaste aan God is – die heiliges, engele en veral die Heilige Maagd – vra om vir ons te bid nie? God is immers nie die "God van die dooies nie, maar van die lewendes, soos almal in Hom lewe" (Lukas 20:38).
Die woord "SINT" beteken heilig, so Paulus verwys na die regverdige van die verskillende kerke as "die heiliges van" daardie kerke (vgl. Ef. 1:1, Fil. 1:1). Soos formeel deur die Kerk geleer word, kan diegene wat nog lewe, egter steeds hul regverdigheid verloor deur die pleeg van ernstige sonde, en is dit moontlik dat hulle selfs in daardie toestand kan sterf.
Dus is "Heilige" gewoonlik gereserveer vir diegene wat beide volhard het in geregtigheid tot die dood, en daarvoor deur die Kerk gerken is. Hierdie erkenning het ten doel om beide hul te eer en hulle aan die res van die Strydende Kerkop aarde voor te hou as 'n voorbeeld van die werklike navolger van Christus.
Ja, hulle kan. Alhoewel die heiliges nie ore het om mee te hoor nie, kan ons in God tot hulle bid en "gehoor" word, net soos ons tot God bid en tot Hom kan bid.
Maria, die Moeder van God, is die mees geëerde heilige. Sy is in werklikheid die Koningin van die Hemel en Koningin van die Heiliges.
'n Wyse Non
Nee, dit is nie afgodery nie, want ons AANBID nie die heiliges nie. As Katolieke aanbid ons SLEGS die Drie-enige God: Vader, Seun en Heilige Gees. Trouens, dit sal 'n ernstige sonde wees om iemand anders as God te aanbid. Teoloë noem GODDELIKE AANBIDDING latria (die aanbidding wat slegs aan God verskuldig is) en EERBETONING dulia (die eerbied en respek wat verskuldig is aan al die getroue dienaars van God).
In Afrikaans onderskei ons duidelik tussen "aanbid" en “vereer” soos wat die Latyns wat die Kerk gebruik word doen. Daar is subtiele verskille en die twee teologiese Latynse terme, soos reeds genoemid , wat word gebruik word deur die Kerk.
Die Heilige Skrif bevestig vir ons dat die heiliges wel vir mense op aarde intree. Openbaring 6:9-10 sê:
"Toe Hy die vyfde seël oopbreek, het ek aan die voet van die altaar die siele sgesien van dié wat doodgemaak is vanweë die woord van God en die getuienis wat hulle gelewer het. 10Hulle het met 'n harde stem geroep: “Tot wanneer, heilige en ware Here, gaan U uitstel om u oordeel te voltrek, en ons bloed op die aardbewoners te wreek?”
Ons sien ook eksplisiete melding van die rol van die engele wat die gebede van die gelowiges vergesel in Openbaring 8, en implisiet dié van mense in Op. 4, waar die 24 gekroonde ouderlinge, wat vir die 12 stamme staan en die 12 apostels, die regverdiges van die Ou en die Nuwe Verbond, deel het aan Christus se koninklike en priesterlike funksie. Openbaring 8:3-4 sê:
" 'n Ander engel het nader gekom met 'n goue wierookbak, en by die altaar gaan staan. Baie reukwerk is aan hom gegee om, saam met die gebede van al die heiliges, op die goue altaar voor die troon te gaan offer. 4Die rook van die reukwerk het, saam met die gebede van die heiliges, uit die engel se hand voor God opgestyg."
Ja. Net God moet die voorwerp van ons aanbidding wees. Wanneer ons enigiets of enigiemand anders as God aanbid, sondig ons teen die eerste gebod. Die Kategismus van die Katolieke Kerk sê duidelik: Afgodediens verwys nie net na valse heidense aanbidding nie. Dit bly 'n voortdurende versoeking tot geloof. Afgodery bestaan uit die vergoddeliking van wat nie God is nie. Die mens pleeg afgodery wanneer hy 'n skepsel in die plek van God eer en vereer. (KKK 2113)
Die Heiliges, wat in die Saligmakende Visioen, dit is God se aanwesigheid is, is beter in staat om vir ons te bid as ons. Hulle is nie meer in staat om te sondig nie, en hulle noue verhouding met God stel hulle in staat om beste in te tree vir ons bedoelings of intensies. Die feit dat hulle , volgens Openbaring 6 vir ons bid en met krone gekroon is volgens Openbaring 8, wat Christus se eie koninklike en priesterlike rol simboliseer, wys ook dat hulle werk vir die koninkryk nie by die dood opgehou het nie
Sint Thérèse van Lisieux
Die Kategismus van die Katolieke Kerk sê: "Die gemeenskap van heiliges is die Kerk".
En Lumen gentum paragraaf 50, sê: Wanneer ons die lewens van diegene wat Christus getrou gevolg het aanskou, word ons met 'n nuwe rede geïnspireer om die Stad te soek wat kom en belowe is, en terselfdertyd word ons die mees veilige weg gewys waardeur, onder die wisselvalligheid van hierdie wêreld en in ooreenstemming met elkeen se unieke lewenstoestande en lewensstaat, ons sal in staat wees om tot volmaakte eenheid met Christus te kom, dit wil sê volmaakte heiligheid. In die lewens van hulle wat in ons menslikheid deel, maar meer volmaak in die beeld van Christus verander is, openbaar God Sy teenwoordigheid en Sy aangesig helder-sigbaar aan die mense. Hy spreek tot ons in hulle en gee ons 'n voorteken van Sy Koninkryk, waartoe ons sterk aangetrokke is, deur so ‘n groot skare van getuies wat ons omring en van die waarheid van die Evangelie getuig.
Lumen gentium, paragraaf 50, sê verder: "Ten volle bewus van hierdie gemeenskap van die gehele mistieke liggaam van Jesus Christus, het die pelgrimskerk van die eerste eeue van die Christelike godsdiens af met groot vroomheid die nagedagtenis van die dooies onderhou en getroetel ..."
God het ons, as die Kerk op aarde, geseën met die Gemeenskap van Heiliges. Die Heiliges tree vir ons in en gee ons wonderlike navolgenswaardige voorbeelde van Christelike vroomheid.
Lumen gentium paragraaf 50, sê: Want net soos die gemeenskap van Gelowiges wat onderweg is, ons nader aan Christus bring, so verbind ons kameraadskap met die heiliges ons met Christus, van Wie soos uit ‘n Fontein en Hoof, elke genade en die lewe van die volk van God uitgaan. Dit is daarom uiters gepas dat ons daardie vriende en mede-erfgename van Jesus Christus - wat ook ons broers, susters en buitengewone weldoeners is - sal liefhê, God vir hulle sal dank en dat ons hulle smekend sal aanroep en ons toevlug tot hulle gebede, hulle krag en hulp sal neem, om gawes van God deur sy Seun, Jesus Christus, ons Verlosser en Redder, te ontvang. Elke ware getuienis van liefde wat ons aan hulle in die Hemel betoon, neig uit sy aard na, en eindig in Christus, Hy wat die "kroon van alle heiliges" is, en dan deur Hom, in God wat wonderbaar in sy heiliges is en in hulle verheerlik word.
Terwyl die amptelike Martyrologium Romanum (2004) duisende Heiliges en Saliges by die naam noem, erken dit tienduisende slegs as "metgeselle" van benoemde martelare. Byvoorbeeld, in die geval van die Martelare van Viëtnam, Andrew Dung-Lac en Metgeselle, word daar geskat dat daar iewers tussen 130 000 en 300 000 martelare in daardie vervolging was. Almal word as heilig beskou en vereer, al word slegs 'n paar by die naam genoem. Die werklike getal van die heilig verklaardes is dus onbekend, net soos die aantal ongekanoniseerde Heiliges ontelbaar is, aangesien almal wat in die hemel is, heilig is.
Dit is ook waarskynlik dat daar baie meer heilige engele as heilige mense is. Die Kerkvaders wat oor die saak uitspraak gelewer het, het op grond van Openbaring 12 geglo, dat een derde van die engele gerebelleer en uitgewerp is, en op grond van die toepaslikheid van die Goddelike Geregtigheid, dat mense hul plekke sou inneem.
Sint Franciskus van Assisi
Aangesien "verering" diep respek aandui, is dit nie aanbidding nie. Die woord verering kom van die Latynse woord "venerari", wat "liefde" beteken. Ons vereer (het lief en respekteer) die Heiliges, maar ons aanbid net God die Vader, God die Seun en God die Heilige Gees.
Trouens, die Kerk verstaan die 4de Gebod (5de in sommige Protestantse lyste) as ‘n verpligting om nie net ons biologiese vaders en moeders te eer nie, maar ook diegene wat deur God se Voorsienigheid in verhouding oor ons geplaas is, as natuurlike en geestelike vaders en moeders, in die algemene samelewing, in die Kerk, op aarde of in die Hemel te vereer. Daarom kon Paulus dus vir die Korintiërs sê dat hy hul vader was deur die Evangelie (1 Kor. 4:15; 2 Kor. 12:14-15), en Katolieke noem hulle priesters paslike dan "Vader."
Ons vereer (eer en respekteer) die Heiliges omdat hulle ons hemelse vriende is. Hulle tree baie beter vir ons in as wat 'n ander mens op aarde in staat is om te doen, aangesien hulle in God se teenwoordigheid is.
Die Heiliges is ook vir ons goeie voorbeelde van die uitleef van ons Christelike roeping. Ons kan die moed van die Martelare en die wysheid van die Kerkleraars raaksien. Ons kan hulle krag, onskuld, vroomheid en volharding herken. Soos pous St. Clement I gesê het, "Volg die Heiliges, want diegene wat hulle navolg, sal Heiliges word."
Nee, hulle is nie. Net soos jy foto's van jou gesin kan en mag vertoon, herinner standbeelde van die Heiliges ons aan hulle stories en help dit ons om hulle heiligheid na te strewe en te volg. Aangesien ons die Heiliges as ons hemelse vriende liefhet, is dit vanselfsprekend dat ons dikwels aan hulle wil dink.
Die Konsilie van Trente sê: Dat beelde van Christus, van die Maagdelike Moeder van God, en van die ander heiliges, veral in aanbiddingsplekke gevind en bewaar moet word, en dat die nodige eer en verering aan hulle bewys moet word. Daar word nie geglo dat daar enige goddelikheid of deug in hulle (die beelde) is nie of dat die Heiliges deur beelde wat hulle hier op aarde verteenwoordig, aanbid moet word nie; nog minder dat vertroue in beelde moet berus soos wat die Heidene van ouds af wel gedoen het toe hulle hul hoop op afgode geplaas het. Eer word aan die Heiliges betoon deur die beelde wat hulle hier onder ons verteenwoordig; op so 'n wyse dat ons Christus altyd daardeur aanbid moet en sal word ... (Konsilie van Trente, Artikel 25, Besluit 2)
Kortliks is ‘n reliek (of relik) ‘n oorblyfsel afkomstig van ‘n Heilige: sinonieme vir reliek wat gebruik word is stoflike oorskot of oorblyfsel. Relieke word tradisioneel in Drie-klasse verdeel.
Om teen misbruik in hierdie saak te bewaar, beheer die Kerk die verspreiding van Relieke nougeset vir wettige doeleindes. Sy vereis ook dat formele kerklike dokumentasie wat van die egtheid van relieke getuig, beskikbaar is, voordat sulke relieke in enige openbare verering gebruik kan of mag word.
Sint Augustinus
Die Kategismus van die Katolieke Kerk sê: "Die godsdienssin van die Christenvolk het nog altyd uitdrukking gevind in verskeie vorme van vroomheid rondom die Kerk se sakramentele lewe, soos die verering van relieke ..." (KKK 1674).
Benewens die leerstellings van die Katolieke tradisie, word relieke duidelik in die Heilige Skrif genoem. In die Handelinge van die Apostels lees ons hierdie verslag: "God het deur die hande van Paulus besonder kragtige dade verrig, sodat selfs wanneer sweetdoeke en voorskote wat aan sy lyf was, na siekes geneem is, hulle siektes verdwyn en die bose geeste uitgewyk het." (Handelinge 19:11-12).
Dit is belangrik om daarop te let dat God met hierdie wonderwerke gekrediteer word, nie St. Paulus nie. God het gekies om hierdie wonderwerke deur die oorblyfsels van 'n heilige te verrig.
Daarbenewens sê Handelinge 5 vir ons, "Deur die hande van die apostels het daar baie tekens en wonders onder die volk plaasgevind. Hulle was almal eensgesind bymekaar in die Pilaargang van Salomo. Van die res van die volk het niemand dit egter gewaag om by die gelowiges aan te sluit nie, alhoewel die volk hoë agting vir hulle gehad het. Tog is baie mense wat in die Here glo, algaande by hulle getal gevoeg – 'n menigte mans en vroue. Die gevolg was dat die mense die siekes op die strate bly uitdra en op bedmatjies en slaapmatte neergelê het, sodat wanneer Petrus verbykom, selfs net sy skaduwee op een van hulle kon val." (Handelinge 5: 12-15)
In hierdie geval wou hulle net hê dat Sint Petrus se skaduwee op hulle moes val om moontlik genees te word.
Dit spreek vanself dat die Heiliges met hierdie wonderwerke geassosieer word. In Johannes 14:12 sê Jesus, " Amen, amen, Ek sê vir julle: Wie in My glo, hy sal ook die werke doen wat Ek doen, en hy sal nog groter dinge as dit doen, omdat Ek na die Vader gaan."
Copyright © 2024 AfrikaansKatoliek-Seisoene-en-Feeste - All Rights Reserved.
Powered by GoDaddy Website Builder
We use cookies to analyze website traffic and optimize your website experience. By accepting our use of cookies, your data will be aggregated with all other user data.