AfrikaansKatoliek-Seiesoen-en-Feeste
AfrikaansKatoliek-Seiesoen-en-Feeste

'DIE BLYE BOODSKAP VAN JESUS CHRISTUS'

SEISOENE & FEESTE | DIE KRUISVERHEFFING

WAT IS DIE DOEL VAN DIE KRUISVERHEFFING?

Die Kruisiging - Giotto di Bondone, Wikimedia commons, Public Domain


  

  • Die Kruisverheffing gedenk Christus se Kruis, daardie instrument wat geheilig is deurdat die Here homself daarop, vir ons redding, geoffer het. Die Kruisverheffing word op 14 September in beide Katolieke en Ortodokse tradisies gevier  Wanneer ons die Kruis eer, of verhef, erken Christene primêr Christus self (2de Konsilie van Nicea). 


  • Die Kategismus van die Katolieke Kerk sê: Die Konsilie van Trent beklemtoon die unieke karakter van Christus se offer as "die bron van ewige verlossing" en leer dat "sy allerheiligste Passie op die hout van die kruis regverdigmaking vir ons verdien het."  (KKK 617).


  • Die Kruisverheffing word in beide die Katolieke en Ortodokse Kerke op 14 September gevier.

HOEKOM VIER ONS DIE KRUISVERHEFFING?

  • Behalwe om die offer van Jesus aan die Kruis te vier, herdenk die fees van die Kruisverheffing twee historiese gebeure. Die eerste is die ontdekking in 320 nC van die Ware Kruis van Golgota en van die graf van Christus deur Sint Helena, die moeder van keiser Konstantyn, wat die Romeine onder 'n tempel toegewy aan Venus begrawe het.  Die tweede is die inwyding van 'n kerk op die terrein in 335 nC. 


  • Vandag staan hierdie kerk wat bekend staan as die Basiliek van die Heilige Graf nog steeds, en in die Basiliek vind mens die graf van Jesus (Golgota) en die put waarin Sint Helena die instrumente van die passie gevind het.

(St. Paulus) Die Jode vra tekens en die Grieke soek wysheid. Ons egter, verkondig 'n gekruisigde Christus. Vir die Jode is dit 'n struikelblok en vir die nie-Jode 'n dwaasheid. Maar vir diegene wat geroep is, Jode sowel as Grieke, is Christus die krag van God en die wysheid van God.


1 Korintiërs 1:22-24

WAT SÊ JESUS OOR DIE KRUIS?

WAT HET JESUS AAN DIE KRUIS GESÊ VOORDAT HY GESTERWE HET?

WAT HET JESUS AAN DIE KRUIS GESÊ VOORDAT HY GESTERWE HET?

Voor Sy kruisiging het Onse Here verskeie kere van Sy kruisdood met Sy dissipels gepraat, eers het hy gesinspeel en toe het hy direk na Sy komende kruisdood verwys.


Matteus 10: 37-38

“Wie sy vader of moeder bo My liefhet,

is My nie waardig nie,

en wie sy seun of dogter bo My liefhet,

is My nie waardig nie.

En wie nie sy kruis opneem en My volg nie,

is My nie waardig nie.


Matteus 16: 24

 Toe het Jesus vir sy dissipels gesê: “As iemand My wil navolg, moet hy homself verloën en sy kruis opneem en My volg."


Matteus 20: 18-19

 “ Kyk, ons gaan op na Jerusalem, en die •Seun van die Mens sal oorgelewer word aan die leierpriesters en skrifkenners. Hulle sal Hom ter dood veroordeel, en Hom aan die heidene oorlewer om Hom te bespot, te gesel en te kruisig; maar op die derde dag sal Hy opgewek word. ” 


Matteus 26: 2

 “Julle is bewus daarvan dat die Pasga oor twee dae plaasvind, en dat die •Seun van die Mens oorgelewer gaan word om gekruisig te word. ”  

WAT HET JESUS AAN DIE KRUIS GESÊ VOORDAT HY GESTERWE HET?

WAT HET JESUS AAN DIE KRUIS GESÊ VOORDAT HY GESTERWE HET?

WAT HET JESUS AAN DIE KRUIS GESÊ VOORDAT HY GESTERWE HET?

Bekend as die Sewe Laaste Woorde, is die volgende, volgens die Evangelieverslae, die Here se Laaste Woorde.


Lukas 23:34:  “Vader, vergeef hulle, want hulle weet nie wat hulle doen nie.”  


Lukas 23:43: “Amen, Ek sê vir jou, vandag sal jy saam met My in die paradys wees.” 


Johannes 19:26–27: (Aan Onse Liewe Vrou)  “Vrou, kyk, daar is u seun!”   (Aan St. Johannes)  “Kyk, daar is jou moeder!”  


Mattheus 27:46 (& Markus 15:34):  ‘My God, my God, waarom het U My verlaat?’  


Johannes 19:28:  “Ek is dors.”  


Johannes 19:30:  “Dit is volbring!” 


Lukas 23:46:  “Vader, in u hande gee Ek my gees oor! ” 

WAT IS DIE KRUISWEG?

WAT HET JESUS AAN DIE KRUIS GESÊ VOORDAT HY GESTERWE HET?

WAT IS DIE KRUISWEG?

  1. Eerste Stasie: Jesus word ter dood veroordeel.
  2. Tweede Stasie: Jesus neem sy kruis op
  3. Derde Stasie: Jesus val die eerste keer
  4. Vierde Stasie: Jesus ontmoet Maria
  5. Vyfde Stasie: Simon word gedwing om Jesus se kruis te dra
  6. Sesde Stasie: Veronica vee Jesus se gesig af
  7. Sewende Stasie: Jesus val die tweede keer
  8. Agste Stasie: Jesus ontmoet die wenende vroue van Jerusalem
  9. Negende Stasie: Jesus val die derde keer
  10. Tiende Stasie: Jesus word van sy klere ontneem
  11. Elfde Stasie: Jesus word aan die kruis vasgespyker
  12. Twaalfde Stasie: Jesus sterf aan die kruis
  13. Dertiende Stasie: Jesus word van die kruis afgeneem
  14. Veertiende Stasie: Jesus word in die graf neergelê


"Afgesien van die kruis is daar geen ander trapleer waarmee ons in die hemel kan kom nie."


St Rosa van Lima

WAT VERTEENWOORDIG DIE DRIE KRUISE?

WAT IS DIE GEESTELIKE BETEKENIS VAN DIE KRUIS?

WAT IS DIE GEESTELIKE BETEKENIS VAN DIE KRUIS?

Die drie kruise verteenwoordig die Kruis van Jesus, asook die kruise van die twee diewe wat aan weerskante van Hom gesterf het. Tradisie gee die naam van een van die diewe as Dismas, wat as die Goeie Dief vertaal, aangesien hy in die laaste oomblikke van sy lewe tot bekering gekom het en redding ontvang het: Lukas 23:32-43


Saam met Jesus is ook twee ander misdadigers weggelei om tereggestel te word. Toe hulle by die plek kom wat Kopbeen genoem word, het hulle Hom daar gekruisig – so ook die misdadigers, een aan sy regterhand en een aan sy linkerhand. Toe sê Jesus: “Vader, vergeef hulle, want hulle weet nie wat hulle doen nie.” Hulle het sy boklere verdeel deur daaroor te loot. Die volk het gestaan en toekyk. Die volksleiers het aangehou om smalend te sê: “Ander het hy gered, laat hy homself red as hy die Christus van God, die Uitverkorene, is!” Ook die soldate het met Hom die spot gedryf, terwyl hulle nader staan en vir Hom suur wyn aanbied, met die woorde: “As jy die koning van die Jode is, red jouself!” 38Bokant Hom was daar ook 'n opskrif: “Hy is die koning van die Jode.” Een van die misdadigers wat daar gehang het, het Hom aanhoudend gelaster en gesê: “Jy is mos die Christus, of hoe? Red jouself, en ons!” Die ander een het hom egter bestraf en gesê: “Het jy nie ontsag vir God nie? Jy ondergaan per slot van rekening dieselfde straf! In ons geval is dit regverdig – ons word tereg gestraf vir wat ons gedoen het. Maar hierdie man het niks verkeerds gedoen nie.” Hy sê toe: “Jesus, dink aan my wanneer U in u koninkryk kom! ” Jesus het hom geantwoord: “•Amen, Ek sê vir jou, vandag sal jy saam met My in die paradys wees.”

WAT IS DIE GEESTELIKE BETEKENIS VAN DIE KRUIS?

WAT IS DIE GEESTELIKE BETEKENIS VAN DIE KRUIS?

WAT IS DIE GEESTELIKE BETEKENIS VAN DIE KRUIS?

Die Kruis verteenwoordig die waarheid dat Jesus Homself vir die sondes van die wêreld geoffer het. Ongelukkig verwerp baie mense Jesus en Sy Kruis. Hieroor sê St. Paulus; 1 Korintiërs 1:18-25 


Die boodskap van die kruis is immers dwaasheid vir diegene wat verlore gaan, maar vir ons wat verlos word, is dit die krag van God. 19Want daar staan geskryf: “Ek sal die wysheid van die wyses tot niet maak en die insig van die verstandiges verwerp.” Waar is die wyse man, waar die skrifkenner, waar die redevoerder van hierdie wêreld? Het God dan nie die wysheid van die wêreld dwaasheid laat word nie? Trouens, deur die wysheid van God het die wêreld Hom nie deur hulle wysheid leer ken nie. God het verkies om hulle wat glo, te verlos deur die dwaasheid van die verkondiging. Die Jode vra tekens en die Grieke soek wysheid. Ons egter, verkondig 'n gekruisigde •Christus. Vir die Jode is dit 'n struikelblok en vir die nie-Jode 'n dwaasheid. Maar vir diegene wat geroep is, Jode sowel as Grieke, is Christus die krag van God en die wysheid van God. Want die dwaasheid van God is wyser as dié van mense, en die swakheid van God is sterker as dié van mense.

"Alles is 'n herinnering aan die Kruis. Ons is self in die vorm van 'n kruis gemaak."


St Jean Vianney

WAT IS DIE BETEKENIS VAN INRI OP KRUISBEELDE?

WAT IS DIE BETEKENIS VAN INRI OP KRUISBEELDE?

WAT IS DIE BETEKENIS VAN INRI OP KRUISBEELDE?

Die Latynse voorletters INRI verteenwoordig "Iesus Nazarenus Rex Iudaeorum" (Jesus van Nasaret, koning van die Jode). In ooreenstemming met die Romeinse kruisigingspraktyke, het Pilatus Christus se naam en "misdaad teen Rome" aan die kruis vasgespyker as 'n waarskuwing aan ander. Hierdie "titulum" was een van die items wat St. Helena in Jerusalem ontdek het, en dit word bewaar saam met ander oorblyfsels van die passie in die Kerk van die Heilige Kruis in Jerusalem in Rome.


Johannes 19:19:

Pilatus het ook 'n kennisgewing laat skryf en dit aan die kruis vasgeheg. Daarop het geskryf gestaan:

“Jesus, die Nasarener,

die koning van die Jode.”

WAARVOOR IS ST. HELENA BEKEND?

WAT IS DIE BETEKENIS VAN INRI OP KRUISBEELDE?

WAT IS DIE BETEKENIS VAN INRI OP KRUISBEELDE?

Sint Helena was die eggenote van keiser Constantius en moeder van keiser Konstantyn. 'n Ruk nadat haar seun se regering begin het, het sy tot bekering gekom en probeer om die plek te vind waar die Here gesterf en begrawe is. Toe sy na Jerusalem gaan, kry sy die hulp van die biskop van Jerusalem, St. Macarius, wat haar ingelig het oor die plaaslike tradisie dat die tempel van Venus ter plaatse gebou is. Nadat sy die tempel laat afbreek het, is die plek van die kruisiging en die graf van Jesus gevind, asook die sogenaamde instrumente van Sy Passie.

"In moeilike oomblikke sal Ek my blik vestig op die stille Hart van Jesus wat aan die Kruis uitgestrek is, en dan, uit die ontploffende vlamme van Sy barmhartige Hart, sal krag en sterkte oor my vloei om aan te kan hou veg."


St Faustina

WAAR WORD JESUS SE KRUIS BEWAAR?

BESTAAN JESUS SE DORINGKROON NOG?

WAAR WORD JESUS SE KRUIS BEWAAR?

Wyl belangrike stukke van die Kruis in Rome by die die Heilige Kruis van Jerusalem Basiliek bewaar word, is daar deur die eeue heen ook baie fragmente as relieke beide aan kerke en aan individue, versprei.

HOEKOM WORD DIE KRUIS VEREER?

BESTAAN JESUS SE DORINGKROON NOG?

WAAR WORD JESUS SE KRUIS BEWAAR?

Die Kruis word vereer – hetsy as die historiese werklikheid waarvan in die Skrif gepraat word, as 'n oorblyfsel van hout, of as 'n fisiese voorstelling met die beeld van Christus, uitsluitlik as gevolg van Wie daarop gekruisig is, en wat Hy daardeur bereik het. Op sigself is dit, soos St. Paul geskryf het, 'n skandaal en dwaasheid.

BESTAAN JESUS SE DORINGKROON NOG?

BESTAAN JESUS SE DORINGKROON NOG?

BESTAAN JESUS SE DORINGKROON NOG?

Oorblyfsels of relieke van die kroon word op verskillende plekke aangetref, waaronder Rome. Die bekendste is egter in die Notre Dame-katedraal in Parys, Frankryk, waar tydens die vernietigende brand van 2019, wat die Notre Dame Katedraal amper vernietig het, die kroon suksesvol gered kon word voordat die dak ineengestort het.

"Plaas groot vertroue in God se goedheid en barmhartigheid, en Hy sal jou nooit verlaat nie; maar moenie nalaat om Sy heilige kruis daarom te omhels nie."


St Padre Pio

AFLAAIBARE BRPONMATERIAAL

14 September - Die Fees van die Kruisverheffing (pdf)

Download

Die Kruisweg - Hoe en Wat (pdf)

Download

MOET NIE AGTERWEË GELAAT WORD NIE

Get 10% off your first purchase when you sign up for our newsletter!

AfrikaansKatoliek - Seisoene en Feeste

Copyright © 2025 AfrikaansKatoliek-Seisoene-en-Feeste - All Rights Reserved.

Powered by

This website uses cookies.

We use cookies to analyze website traffic and optimize your website experience. By accepting our use of cookies, your data will be aggregated with all other user data.

Accept