AfrikaansKatoliek-Seiesoen-en-Feeste
AfrikaansKatoliek-Seiesoen-en-Feeste

'DIE BLYE BOODSKAP VAN JESUS CHRISTUS'

SEISOENE & FEESTE | SINT LOURENS, DIAKEN

WIE IS ST. LOURENS?

St. Lourens was een van die sewe diakens van die Roomse Kerk wat verantwoordelik was vir die tydelike administrasie van die bisdom. Hy was saam met Pous Sixtus II in wie se diens hy gestaan het, 'n slagoffer van die vervolging van Valerianus in 258. Die Kerk vier sy Feesdag op 10 Augustus, die dag van sy martelaarskap.

WIE WAS POUS SIXTUS II?

WIE WAS DIE ROEMEINSE KEISER TYDENS ST. LOURENS SE LEEFTYD?

WIE WAS DIE ROEMEINSE KEISER TYDENS ST. LOURENS SE LEEFTYD?

Pous St. Sixtus II is op 30 Augustus 257 in die geheim verkies as die 23ste opvolger van Sint Petrus. Volgens sy biograaf was hy 'n 'goeie en vreedsame priester'. Op vaardige wyse het hy die die eerste van Valeriaan se wrede vervolginge vermy - wat in die eerste maande na sy verkiesing plaasgevind het. 


Minder as 'n jaar ná sy verkiesing is hy en ses van sy diakens egter op 6 Augustus 258 in hegtenis geneem en onthoof. Die sewende, Lourens, sou 'n paar dae later, op die 10de, gevange geneem en gemartel word. As Griek is hy nie die vinnige dood toegeken deur onthoofding wat aan 'n Romeinse burger toegestaan is nie.

WIE WAS DIE ROEMEINSE KEISER TYDENS ST. LOURENS SE LEEFTYD?

WIE WAS DIE ROEMEINSE KEISER TYDENS ST. LOURENS SE LEEFTYD?

WIE WAS DIE ROEMEINSE KEISER TYDENS ST. LOURENS SE LEEFTYD?

Die Romeinse keiser gedurende die tyd van St. Lourens was Valerianus, wie se bewind van 253 tot 260 nC gestrek het. In 257 onderneem hy 'n vervolging van Christene en beveel dat die geestelikes offers aan die Romeinse gode moes bring. In 258 het hy die arrestasie en teregstelling van die geestelikes beveel. Onder sy slagoffers was St. Lourens en Pous St. Sixtus II. 


Slegs twee jaar later sou Valerianus self tydens 'n oorlog deur die Perse gevange geneem word en na bewering 'n slaaf gesterf het. Hierdie feit word opgemerk in Evelyn Waugh se roman Helena, waarin daar van Valerianus gesê word: "They have him on show in Persia, stuffed."

WAS ST. LOURENS 'N DIAKEN VAN ROME?

WIE WAS DIE ROEMEINSE KEISER TYDENS ST. LOURENS SE LEEFTYD?

WAS ST. LOURENS 'N DIAKEN VAN ROME?

St. Lourens was een van die sewe diakens wat Pous Sixtus II bygestaan het in sy administrasie van die Roomse Kerk (vgl. Hand 6:1-6). Die pous het Lawrence ten spyte van sy jong ouderdom (vroeë 30's) en sy onskuldige karakter as een van sy sewe diakens gekies. Inteendeel, Lourens is selfs die pous se hoofassistent gemaak, die aartsdiaken van Rome.

'DRAAI MY MAAR OM. HIERDIE KANT IS KLAAR'


St. Lourens

HOE IS ST. LOURENS GEMARTEL?

HOE IS ST. LOURENS GEMARTEL?

HOE IS ST. LOURENS GEMARTEL?

Na die Romeinse owerhede pous Sixtus II en die ander ses diakens gevange neem en vermoor het, het St. Lourens dit wat oorgebly het, administreer. Hy is ook gevange geneem en aangesê om die "skatte van die Kerk" te versamel. In plaas van goud en silwer, het hy die arm mense aan wie hy die kelkies, patene en ander altaarvate uitgedeel het, aangebied. Die Romeinse prefek, so word gesê, was woedend en het Laurens laat martel deur hom aan 'n rooster vas te ketting en hom daarop te braai. Nadat die gemartelde Lourens lank die verskriklike pyn ervaar het, lui die tradisie dat hy sy beroemde opmerking gemaak het: "Dit is goed gaar. Draai my om!

WAAR IS ST. LOURENS BEGRAWE?

HOE IS ST. LOURENS GEMARTEL?

HOE IS ST. LOURENS GEMARTEL?

Alhoewel historiese verslae nie saamstem oor die presiese wyse en besonderhede van St. Lourens se dood nie, word St. Lourens sedert kort na sy dood erken as een van die groot martelare van die Roomse Kerk. Na die edik van Milaan in 313, wat die Christendom gewettig het, het keiser Konstantyn 'n kapel laat bou op die plek van sy martelaarskap, geleë "buite die mure" van die destydse Rome. Pous Damaskus (366-384) het 'n basiliek op die terrein gebou, wat deur die eeue deur verskeie pouse vergroot is. Vandag is die Klein Basiliek van St. Lourens Buite die Mure 'n pragtige antieke kerk met die oorblyfsels van die Heilige, oorblyfsels van St. Stefanus, die Protomartelaar, die grafte van verskeie pouse, sowel as die rooster wat na oorlewering die instrument van sy martelaarskap is.

BESTAAN DIE AMP VAN DIAKENS VAN ROME VANDAG NOG?

Sedert die IIdeVatikaanse Konsilie en die herstel van die permanente diakonaat, is dit moontlik vir enige bisdomlike biskop om permanente diakens ten diens te hê, eerder as slegs diakens op pad na die priesterskap (transisionele diakens). 


Eeue lank het die amp van die Romeinse diaken wat deur St. Lourens beklee is, egter ook op 'n ander manier voortbestaan. Elkeen van die stemgeregtigde wat ‘n nuwe pous mag verkies, kry 'n Romeinse 'titulêre amp' gebaseer op die vroeë afdelings van Rome in voorstedelike bisdomme, gemeentes en administratiewe streke. So ontvang elke man wat tot kardinaal benoem word, 'n eretitel, hetsy die van kardinaalbiskop, kardinaalpriester of kardinaaldiaken. Sodoende word van hom verwag om 'n amp van diens vir die Kerk te verrig. ‘n Historiese amp wat vandag behels dat hy die biskop van Rome, wat terselfdertyd ook die pous is, te dien, te adviseer en te verkies.

'EK DANK U HERE, DAT EK U POORTE BINNE MAG GAAN'


St. Lourens

WAT WAS DIE GEVOLG VAN ST. LOURENS SE MARTELSKAP VIR DIE KERK VAN SY TYD?

WAT WAS DIE GEVOLG VAN ST. LOURENS SE MARTELSKAP VIR DIE KERK VAN SY TYD?

WAT WAS DIE GEVOLG VAN ST. LOURENS SE MARTELSKAP VIR DIE KERK VAN SY TYD?

As gevolg van die Christen vervolging van Valerianus het baie bekerings tot die Christendom plaasgevind. Die moed en waardigheid van Saint Lourens om die dood in die gesig te staar, het baie gedoen om respek vir die Christendom in Rome en in die hele streek te wen. 


Die liefdesdiens vir die armes en behoeftiges wat St. Lourens bewys het deur hulle  (die armes en behoeftiges) die 'ware skatte' van die Kerk te noem, was 'n besondere kenmerk waarvoor Christene bekend geword en bewonder is.

WAARVAN IS ST. LOURENS DIE BESKERMHEILIGE?

WAT WAS DIE GEVOLG VAN ST. LOURENS SE MARTELSKAP VIR DIE KERK VAN SY TYD?

WAT WAS DIE GEVOLG VAN ST. LOURENS SE MARTELSKAP VIR DIE KERK VAN SY TYD?

St. Laurens is die beskermheilige van komediante, komedieskrywers, sjefs, sous-sjefs, kokke en restaurateurs. Hy is ook die beskermheilige van vervaardigers, sommeliers (wynkenners), sjokolademakers, narre, brandbestryders,  glasmakers, loodglaskunstenaars, biblioteke, armes, leerlooiers en die Franse.

"MY GOD EER EK EN HOM ALLEEN SAL EK DIEN"


St. Lourens

WAT KAN ONS VAN ST. LOURENS LEER?

HOEKOM IS ST LOURENS DIE BESKERMHEILIGE VAN KOKKE EN DAARDIE BEROEMDE LAASTE WOORDE?

HOEKOM IS ST LOURENS DIE BESKERMHEILIGE VAN KOKKE EN DAARDIE BEROEMDE LAASTE WOORDE?

St. Lourens leer ons dat ons nie onder- of verdrukking as gevolg van ons geloof moet vrees nie. Met groot vrymoedigheid en sterkte deur gebed kan ons die uitdagings wat te  staan moet kom, oorkom. En selfs te midde van vervolging kan ons vreugde in Christus behou.

HOEKOM IS ST LOURENS DIE BESKERMHEILIGE VAN KOKKE EN DAARDIE BEROEMDE LAASTE WOORDE?

HOEKOM IS ST LOURENS DIE BESKERMHEILIGE VAN KOKKE EN DAARDIE BEROEMDE LAASTE WOORDE?

HOEKOM IS ST LOURENS DIE BESKERMHEILIGE VAN KOKKE EN DAARDIE BEROEMDE LAASTE WOORDE?

St. Lourens word erken as die beskermheilige van kokke, sjefs en restaurateurs. Volgens die verhaal het sy laksmanne 'n stadige vuur onder 'n groot rooster gebou, en Lourens toe kaal gestroop en aan die rooster vasgebind. Net voor sy dood word gesê dat St. Lourens vir sy laksmanne gebel gesê het om hom om te draai aangesien hy aan die eenkant reeds gaar gebrand was.


Eerder om na sy beroemde laaste woorde as makaber, snaaks of selfs 'siek' te dink, is sy laaste woorde 'n voorbeeld, waarvan daar baie in die Kerkgeskiedenis is:  van Christene wat vreugde toon, en in sy geval goeie humor, te midde van kruisiging, verbranding of ander stadige wrede sterftes, aan die hand van Christus se vyande.

WAARNA VERWYS DIE SOGENAAMDE TRANE VAN ST. LOURENS?

HOEKOM IS ST LOURENS DIE BESKERMHEILIGE VAN KOKKE EN DAARDIE BEROEMDE LAASTE WOORDE?

WAARNA VERWYS DIE SOGENAAMDE TRANE VAN ST. LOURENS?

Die Perseid-meteoorreën, ook bekend as "die trane van St. Lourens" is 'n meteoorreën wat al minstens 2000 jaar deur mense waargeneem word. Dit word die "trane van St. Lourens" genoem omrede die meteoorreën elke Augustus rondom sy feesdag voorkom.

WEEKLIKSE E-NUUSBRIEF

Get 10% off your first purchase when you sign up for our newsletter!

Sint Lourens, Diaken en Martelaar

Aflaaibare kaart

'n Gebed tot Sint Lourens

Aflaaibare kaart

AfrikaansKatoliek - Seisoene en Feeste

Copyright © 2025 AfrikaansKatoliek-Seisoene-en-Feeste - All Rights Reserved.

Powered by

This website uses cookies.

We use cookies to analyze website traffic and optimize your website experience. By accepting our use of cookies, your data will be aggregated with all other user data.

Accept