Tydens die verloop van die liturgiesekerkjaar, word slegs drie verjaarsdae gevier, tewete, Die Geboorte van ons Here (25 Desember), Die Geboorte van sy Voorloper, Johannes die Doper (24 Junie) en Die Geboorte van sy Moeder op 8 September. Die Kerk vereer dus die drie hooffigure wat verband hou met die Menswording (Inkarnasie) en die Verlossing van Jesus Christus.
Die Geboorte van Maria is veral gemik op haar sending as Moeder van die Verlosser. Haar bestaan is onlosmaaklik verbind met dié van Christus: dit is deel van 'n unieke plan van uitverkiesing en genade. God se geheimsvolle plan met betrekking tot die Inkarnasie van die Woord omvat ook die Maagd wat Sy Moeder is. Op hierdie manier word die Geboorte van Maria, soos die van sy Goddelike Kind, in die hart van die geskiedenis van Verlossing vervat.
Maria-Geboorte lê dus daar waar die twee Testamente saamvloei (die stadium van Verwagting van die Messias en die Volbringing van die Belofte van die Koms van die Messias) en byeengebring word en die era van Genade en Verlossing in Jesus Christus in lui.
St Augustinus
Alhoewel hul verhaal nie in die Heilige Skrif is nie, was die heiliges Anna en Joachim volgens 'n vrome tradisie vanaf die begin van die Kerk, onvrugbaar tot bykans die einde van hul getroude lewens. Soos in Sara (Genesis 21:2) en Elisabet (Lukas 1) se gevalle, het Sint Anna op haar oudag swanger geword. Die kind waaraan sy geboorte geskenk het was die Heilige Maagd Maria.
Die verjaarsdag van die Heilige Maagd Maria is belangrik vanweë haar belangrike rol in die heilsgeskiedenis. Die Kategismus van die Katolieke Kerk (paragraaf 489) sê: Dwarsdeur die Ou Verbond het die sending van baie heilige vroue voorberei vir dié van Maria. Heel aan die begin was daar Eva; Ten spyte van haar ongehoorsaamheid, ontvang sy die belofte van 'n nageslag wat oor die Bose sal seëvier, asook die belofte dat sy die moeder van al die lewendes sal wees. Op grond van hierdie belofte verwek Sara 'n seun ten spyte van haar oudag.
Teen alle menslike verwagting kies God diegene wat as magteloos en swak beskou is om sy getrouheid aan sy beloftes te toon: Hanna, die moeder van Samuel; Deborah; Ruth; Judith en Ester; en baie ander vroue. Maria "staan uit onder die armes en nederiges van die Here, wat met vertroue op Hom hoop en verlossing ontvang. Na 'n lang tydperk van wag word die tye in haar vervul, die verhewe Dogter van Sion, en die nuwe heilsplan word vasgestel."
Die gelowige kan bloot eenvoudig die Geseënde Maagd-Moeder se geboorte vier en haar op baie maniere eer betoon. Aangesien Maria altyd na haar Seun aan ons uitwys, kan 'n mens daardie dag die Heilige Mis bywoon. 'n Mens kan die Skrif lees wat oor haar rol in die Verlossingsgeskiedenis, soos die Aankondiging, die Besoek of die Bruilofsfees in Kana, vertel. En'n mens kan die Rosekrans (gereeld) bid. En, of jy nou klein kinders het of nie, bak gerus 'n verjaardagkoek of reël 'n klein partytjie om Maria se verjaardag (die feit dat sy gebore is om God se diensmaagd te word) te vier.
Maria is op die normale manier verwek en gebore. Nadat sy egter geregverdig is by haar verwekking (die Onbevlekte Ontvangenis), eerder as in die moederskoot soos in die geval van Johannes die Doper (Lukas 1:41), of deur die doop, soos ons regverdig is, is sy gebore "vol genade" (Lukas 1:28). In hierdie gawe van God het sy gegroei deur haar samewerking, sonder om te sondig, tot aan die voleinding van haar lewe.
Eeue lank al word Maria-Geboorte op 8 September in sowel die Oosterse as in die Westerse Kerk gedenk en in antieke tye is dit egter op verskillende datums op verskeie plekke gevier.
Met die instelling van Fees van die Onbevlekte Ontvangenis ('n latere ontwikkeling as ié van Maria-Geboorte) en die gevolglike uitbreiding van daar van oor die Universele Kerk uit, het Maria-Geboorte oraal oor en bietjie vir bietjie na 8 September verskuif om ooreen te stem en met nege kalender maande ná die Plegtigheid van die Onbevlekte Ontvangenis van die Geseënde Maagd Maria (8 Desember).
WIE IS DIE GESEËNDE MAAGD MARIA SE OUERS?
Die heiliges Joachim en Anna is die ouers van die Geseënde Maagd Maria.
HOEVEEL KINDERS HET HULLE GEHAD?
Hulle het slegs een kind gehad, te wete die Geseënde Maagd Maria.
HET DIE MAAGD SIBBE GEHAD?
Maria was 'n enkelkind en het geen broers of susters gehad nie.
Die geslagsregister van Jesus in die Evangelie van Sint Lukas 3: 23-24, stel dat die vader van Heli (Joachim) Matthat is.
Sedert antieke tye is die Heiliges Joachim en Anne in die Kerk as kragtige voorbidder vereer. Nog belangriker is dat albei van hulle as die beskermheiliges van grootouers gesien en vereer word, aangesien hulle die enigste biologiese grootouers van Onse Here Jesus Christus is.
Ons beskik oor geen konkrete kennis van St. Anna nie. Sy word nie in die Nuwe Testament genoem nie, alhoewel sommige inligting in Apokriewe literatuur verskyn, hoofsaaklik die sogenaamde Protoevangelium van Jakobus wat waarskynlik uit die tweede eeu dateer. Terwyl die Kerk dit as Skrif verwerp het omdat dit aan die nugterheid of duidelikheid van die aanvaarde heilige tekste ontbreek, veral waar dit wat betrekking het tot die wonderlike wonderwerke wat aan die Kind Jesus toegeskryf word, kan dit nogtans waarhede bevat soos bv., die feite van die Joodse gebruike van die dag. Dit is dus waarskynlik dat die name Joachim en Anne wat daarin opgeteken is en verskyn, definitief reedss destyds algemeen bekend was onder die mense.
Sint Anna word erken as beskermvrou van huisvroue, bevallende vroue, kabinetmakers en mynwerkers. Haar embleem is 'n deur. Sy is en word deur die eeue heen gereeld in kuns voorgestel, en die (haar) pragtige gesig wat deur Leonardo da Vinci uitgebeeld word, kom hier dadelik in gedagte. Die naam Anna is afgelei van die Hebreeuse Hanna, wat "genade" beteken.
Hoe oud was Sint Anna toe sy Maria gebaar het?
Ons weet nie hoe oud Sint Anna presies was nie; ons weet wel dat sy in jare gevorderd was.
Get 10% off your first purchase when you sign up for our newsletter!
Copyright © 2024 AfrikaansKatoliek-Seisoene-en-Feeste - All Rights Reserved.
Powered by GoDaddy Website Builder
We use cookies to analyze website traffic and optimize your website experience. By accepting our use of cookies, your data will be aggregated with all other user data.