Die Kerk vier die Fees van Sint Maria Magdalena vanweë haar voorbeeld van deugsaamheid en haar lojaliteit aan Christus. Sy was 'n toegewyde dissipel en goeie vriend van Jesus in die tyd van Sy bediening, en een van die min wat by Hom gebly het tydens Sy pyn en lyding aan die Kruis. Uiteindelik was sy een van die drie vroue wat op Paasoggend Sy liggaam in die graf gaan salf het en die eerste persoon wat die Opstanding aan ander gaan verkondig het, toe sy vir die Apostels gaan vertel het dat Hy opgestaan het.
Maria Magdalena is miskien mees bekend daarvoor as die vrou wat sewe duiwels uit haar uitgedryf gehad het (Markus 16:9) en ook vir haar onsedelike lewenstyl. Alhoewel haar lewe van sonde 'n belangrike deel van haar verhaal is, is dit baie belangriker om te let hoe sy geleef het nadat sy Christus ontmoet het. Haar lewe van deugsaamheid, en van boetedoening vir haar vorige sondes, is die rede waarom sy as 'n groot heilige en as bewys van God se barmhartigheid en genade beskou word.
Sy is ook bekend daarvoor dat sy die mees prominente vrou is wat in die Nuwe Testament genoem word, afgesien van die unieke plek van die Here se Moeder. Sy het Jesus en Sy dissipels van vroeg in Sy Bediening tot die einde toe tot by Sy Passie, Dood en Opstanding vergesel. Sy was die eerste persoon aan wie Jesus verskyn het na Sy Opstanding, en die eerste persoon wat die Here gevra het om die Goeie Nuus van die Opstanding te gaan verkondig.
Daar word al geruime tyd na Maria Magdalena as 'n prostituut verwys, alhoewel dit nêrens in die Heilige Skrif spesifiseer dat sy wel 'n prostituut was nie. Die Evangelieskrywers deel ons wel mee dat sy 'n groot sondaar was, sonder om die sonde te spesifiseer. Nietemin, in die antieke wêreld het vroue sonder 'n vader of eggenoot, en om vir hulleself te sorg, dikwels in daardie beroep beland.
Maria Magdalena word deur sommige beskou as die vrou wat in owerspel betrap is, wie se steniging die Here voorkom is, en aan wie Hy sê om "heen te gaan en nie weer te sondig nie" (Joh. 8:11).
Aangesien Hy dit egter ook sê vir die sondige vrou wat Sy voete salf, is dit nie 'n waarskynlike verband nie. Trouens, nie die Griekse of Latynse vaders van die kerk het hierdie siening gehuldig nie.
Die herdenking vind op 22 Julie plaas en word sedert 2016 op bevel van Pous Franciskus as 'n Fees, gelykstaande aan die Feeste van al die ander Apostel van Jesus Christus in die kerk se liturgiese kalender.
Aartsbiskop A. Roche, dekreet Apostel van die Apostel, 2016
In Lukas 8:2 ontmoet ons "Maria, wat Magdalena genoem word". Sint Lukas beskryf haar as 'n vrou "van wie sewe duiwels uitgegaan het". Sodoende weet ons twee dinge oor haar agtergrond. Sy is Maria uit Magdala aan die oewer van die See van Galilea (hetsy deur geboorte of woning, ons weet nie), en 'n vrou wie se eiesinnige lewe daartoe gelei het dat sy deur sewe demone besete geraak het.
Aangesien hierdie identifikasie onmiddellik volg op Lukas se weergawe van die sondige vrou wat die Here se voete met duur balsem gesalf het, en wat die Here vra om sommige vir sy begrafnis te bewaar (Luk. 7:36-50), word die sondige vrou dikwels as Magdalena gesien.
Maria, die suster van Marta en Lasarus van Betanië, word eweneens dikwels as dieselfde persoon geïdentifiseer. Hierdie Maria salf ook die Here se voete met duur balsem, soos die sondige vrou gedoen het en soos Magdalena met Christus se Liggaam in die dood sou doen. In hierdie siening is Betanië waarskynlik haar herkoms, Magdala waar sy gewoon het.
Oor die algemeen is die sienings en menings oor wie Maria Magdalena was, geneig om volgens Griekse en Latynse lyne verdeel te word. Die Latynse of Westerse vaders van die kerk is oor die algemeen van mening dat Sint Maria Magdalena, die sondige vrou, en Maria van Betanië dieselfde persoon is, terwyl die Griekse of Oosterse vaders hou dat hulle drie verskillende vroue is. Die Skrif bied geen duidelike oplossing vir hierdie vraag nie.
Aartsbiskop A. Roche, dekreet Apostel van die Apostel, 2016
Die Heilige Skrif noem nie waarom Maria Magdalena deur sewe demone besete was nie. Hierdie uitdrukking kan sewe individuele demone beteken, of aangesien die getal sewe 'n soort "volmaaktheid" kan simboliseer, meen sommige dat dit eenvoudig beteken dat sy heeltemal besete was. Ander glo dat dit die sewe dood sondes verteenwoordig. Aangesien die demone met bepaalde sondes kan assosieer, en die doodsondes gesamentlik alle sondes verteenwoordig, is die drie sienings nie onversoenbaar nie.
Die feit dat Maria Magdalena sewe duiwels uit haar uitgedryf had, dui daarop dat sy moontlik ook aan siekte gely het. Dit was die geval met die seun wat stuiptrekkings gekry het en geskuim het by die mond voordat Jesus hom van besitting verlos het (Mt. 17:18). Beide geestelike en fisiese siektes kan in die besetenes voorkom, en daarom onderskei die Kerk noukeurig tussen natuurlike en demoniese oorsake in elke geval van beweerde duiwelse besitting. Die Here sou natuurlik dadelik geweet het en haar genees het van beide geestelike en fisiese siektes.
Nee, Maria Magdalena was nie Jesus se vrou nie. Ons Here was met geen vrou getroud nie. Enige verwysing wat na Christus en Sy Bruid gemaak word, verwys na die Kerk – waarvan al die verlostes lidmate is. Sommige hedendaagse fiksiewerke maak sulke aansprake, maar niks in die sekulêre geskiedenis of kerkgeskiedenis en tradisie ondersteun so idee nie.
Maria word "Apostel vir die Apostels" genoem omdat sy die eerste persoon was wat Christus opdrag gegee het om die Goeie Nuus van Sy Opstanding aan die Apostels te verkondig (Johannes 20:17). Daar word gesê dat Sint Hippolytus (ongeveer 170- c.235) haar reeds hierdie titel gegee het.
In 'n toespraak wat pous Benedictus XVI in 2006 oor Sint Maria Magdalena gegee het, het hy gesê: Die verhaal van Maria van Magdala herinner ons almal aan 'n fundamentele waarheid. 'n Dissipel van Christus is iemand wat in die ervaring van menslike swakheid die nederigheid gehad het om sy hulp te vra, deur Hom genees is en wat Hom getrou gevolg het en 'n getuie geword het van die krag van sy genadige liefde wat sterker is as die sonde en die dood.
Tradisie hou dat Maria Magdalena in die suide van Frankryk beland het, en daar word gesê dat sy daar gesterf het en deur St. Maximinus in sy kapel, vandag bekend as die Basiliek van St. Maximin, begrawe is. Vandag besoek mense steeds die krip by die Basiliek van St. Maximin om by haar graf te bid en haar oorskot te sien.
Sint Maria Magdalena is die beskermheilige van berouvolle sondaars, haarkappers, parfumerieë en die kontemplatiewe lewe.
Get 10% off your first purchase when you sign up for our newsletter!
Copyright © 2024 AfrikaansKatoliek-Seisoene-en-Feeste - All Rights Reserved.
Powered by GoDaddy Website Builder
We use cookies to analyze website traffic and optimize your website experience. By accepting our use of cookies, your data will be aggregated with all other user data.