Terwyl Onse Liewe Vrou van die Berg Karmel die beskermheilige van die Karmelietesse Orde is, vind ons die basis vir die verering van Maria onder hierdie titel regdeur die universele Kerk, uit haar verskyning aan 'n Engelse Karmeliet St. Simon Stock in die 13de eeu. Sy gee hom die bruin skapulier, 'n kledingstuk om deur Karmeliete oor die nek en skouers gedra te word (byna soos 'n voorskoot) om te dien "as teken van haar beskerming." Die dra van die skapulier het 'n Maria-toewydingspraktyk geword wat deur die eeue heen regoor die wêreld onder Katolieke versprei het.
Ons vier die fees van Onse Liewe Vrou van die Berg Karmel op 16 Julie.
Die Berg Karmel is 'n plek van gebed en nabyheid aan God sedert die tyd van die profeet Elia in die 10de eeu voor Christus (vgl. 1 Konings 18:41ff). Dit is daarheen wat Christelike kluisenaars gegaan het om in gebed te gaan volhard. En daar, in die 12de eeu, is die Orde van die Broers van die Heilige Maagd van die Berg Karmel amptelik gestig.
Die 13de eeu was egter 'n tyd van vervolging vir die Karmeliete, en te midde van hierdie uitdaging, op 16 Julie 1251, verskyn die Heilige Maagd aan St. Simon Stock, prior van die Karmeliete, gee aan hom die bruin skapulier. Sy het klaarblyklik vir hom gesê dat vir hom en die Karmeliete 'n voorreg is om die skapulier te ontvang en dat wie tot sterwe kom met die skapulier aan die lyf, gered sal word.
Die dra van 'n miniatuur weergawe van die Karmelietesse skapulier, algemeen bekend as "die bruin skapulier" met verwysing na die kleur van hul pye, beteken dat ander wie die bruin skapulier dra, hulself geestelik met die Karmeliete verbind om die geseënde Maagd se liefde te aanvaar, hulself te wy aan die spiritualiteit van die Karmeliete, en te vertrou dat Onse Liewe Vrou hulle in lewe en by die dood sal beskerm.
Onse Liewe Vrou het die bruin skapulier op 16 Julie 1251 aan St. Simon Stock, 'n Karmeliet, gegee.
Sedert daardie tyd is die bruin skapulier, 'n miniatuur weergawe van die Karmelitiese skapulier, 'n teken van ‘n lewe toegewyd aan Jesus, in navolging van die voorbeeld van die Heilige Maagd.
Die bruin skapulier dui aan dat 'n mens in gemeenskap met die Karmeliete wil verkeer en 'n hul geestelikheid van toewyding aan Onse Liewe vrou wil uitleef.
Buiten haar rol as die beskermvrou van die Karmeliete, is sy ook die beskermheilige vir die lande Chili en Bolivia, vir beskerming teen gevaar en vir bevryding uit die Vagevuur.
Pous Franciskus
Karmel was 'n heilige hoë plek gewy aan die Kanaänitiese god Baäl, en daar is hy aanbid. In 1 Konings 18 verklaar Elia 'n stryd met 450 van Baäl se profete om te bepaal watter "god" werklik is, Baäl of die God van Israel. Die ware God sou die een wees wat 'n offer aan die brand steek. Waansinnig het die profete van Baäl probeer, maar sonder sukses. Toe Elia egter tot die Here gebid het, het vuur uit die hemel neergedaal en die offer verteer.
"Daarop het die vuur van die Here neergeval en die brandoffer en die hout en die klippe en die stof verteer, ja, die water wat in die sloot was, opgelek. En toe die hele volk dit sien, het hulle op hul aangesig geval en gesê: Die Here, Hy is God, die Here, Hy is God! " (1 Konings 18:38-39)
Dit was ook op die berg Karmel dat die gebed van Elia die einde verseker het van die droogte en hongersnood wat Israel getref het. Die Karmeliete beskou Elia dus as een van hulle geestelike vaders.
As 'n fisiese plek troon die berg Karmel uit oor die Middellandse See en die stad en hawe van wat vandag bekend staan as die stad Haifa, in Israel. Karmel staan ook aan die hoof van Vallei van Jisreël, ook bekend as die Vallei van Megiddo. Die Arabiere erken Karmel as die Berg van die Heilige Elia. Benewens 1 Konings 18, word Karmel meer as twintig keer in die Heilige Skrif genoem, veral in die boek Hooglied.
As 'n geestelike plek is Karmel se reputasie beslis afkomstig van sy verbintenis met Elia, maar die vermelding daarvan in die boek Hooglied het tot vele Christelike kommentaar gelei. In hierdie Loflied oor die liefde word die hoof van die Bruid met Karmel vergelyk. Baie Christelike skrywers het Hooglied, beskou as 'n allegorie van die lewe van vereniging mset God. Die Kerkleraars, bv. Johannes van die Kruis, gebruik Karmel as 'n metafoor vir die soeke na God. Vir Karmelitiese susters is dit ook die naam wat aan hul huise gegee word; plekke wat toegewy is aan kontemplasie.
Lumen Gentium 67
Dit is 'n Hebreeuse woord wat "tuin van God" beteken. Die tuin van God is waar ons met die Here kan wandel, soos Adam en Eva gedoen het voordat hulle verban is (Gen. 3:8).
Die berg Karmel is ongeveer 130 kilometer (70 myl) noordwes van Jerusalem.
Get 10% off your first purchase when you sign up for our newsletter!
Copyright © 2024 AfrikaansKatoliek-Seisoene-en-Feeste - All Rights Reserved.
Powered by GoDaddy Website Builder
We use cookies to analyze website traffic and optimize your website experience. By accepting our use of cookies, your data will be aggregated with all other user data.