Met rede vier ons Die Fees van Onse Liewe Vrou van Smarte op die dag na die Fees van die Kruisverheffing; 'n herdenking van daardie diepgaande vereniging van hart wat bestaan het tussen die Moeder van die Verlosser en die Verlosser self. As gevolg van dié eenheid, het sy baie innerlike smarte as gevolg van Sy Sending, en veral tydens Sy Passie en Dood, ervaar.
Vanaf die begin van Jesus se lewe het Maria deur moederlike pyne en angste gely. Reeds by Simeon se profesie het Maria geweet dat 'n swaard haar eie siel sou deurboor. Kort daarna moes die Heilige Familie na Egipte vlug om Jesus van koning Herodes te red (Matteus 2:13-23). Die Geseënde Moeder en Sint Josef het ook die pyn gely en die angs ondergaan toe Jesus drie dae lank in die Tempel agtergebly het en hulle na hom begin soek het.
Nadat haar Seun wat sy Sending begin het, moes soos die Evangelies dit beskryf, die teenstand van sovele teen Jesus en sy Sending, vir haar 'n geweldige hartseer gewees het. Aan die einde daarvan het alles na die Kruis gelei. Die titel "Onse Liewe Vrou van Smarte" gee dus erkenning aan die beproewinge wat die Moeder van die "Lydende Kneg" (Jesaja 52:13-53:12) beleef het, en daarom volg hierdie Fees onmiddellik na die Kruisverheerlikingfees (14 September) gevier word.
@AFRIKAANSKATOLIEK
God het nog nooit Sy volk sonder profete gelaat nie. In Lukas se Evangelie lees ons van die 'ou man' Simeon se profesie aangaande die Geseënde Maagd en die Jesus-kind.
24Hulle het ook, soos die Wet van die Here voorskryf, 'n offer gebring: “twee tortelduiwe, of twee jong duiwe” .
25En kyk, in Jerusalem was daar 'n man met die naam Simeon. Hierdie man was wetsgehoorsaam en toegewyd, en het uitgesien na die herstel van Israel. Die Heilige Gees was met hom. 26Hy het deur die Heilige Gees 'n openbaring ontvang dat hy nie die dood sou sien voordat hy die Gesalfde van die Here gesien het nie. 27Gelei deur die Gees, het hy na die tempelterrein gegaan. Toe Jesus se ouers die Kindjie inbring, sodat hulle die gebruiklike voorskrif van die wet oor Hom kon nakom, 28het Simeon Hom in sy arms geneem en God geloof:
29“Nou, Here, kan U u dienskneg in vrede laat sterf,
soos U gesê het.
30 My oë het inderdaad u verlossing gesien,
31wat U ten aanskoue van al die volke bewerk het,
32'n lig wat vir die nasies tot openbaring dien,
en eer bring aan u volk Israel.”
33Sy vader en moeder was verstom oor die dinge wat oor Hom gesê is.
34 Simeon het hulle geseën en vir Maria, sy moeder, gesê: “Kyk, hierdie Kindjie is bestem vir die val en die opstaan van baie mense in Israel, as 'n teken wat betwis word, 35sodat die bedoelinge van baie mense aan die lig kan kom. En wat jou betref, 'n swaard sal deur jou siel gaan.” Lukas 2;24-35 (DV)
Simeon het vir Maria gesê: 'n swaard sal deur jou siel gaan.” Lukas 2;35 (DV). Die swaarde wat in kerkkuns die hart (siel) van Maria deurboor, verteenwoordig die sogenaamde Sewe Smarte van Maria.
Die Sewe Smarte van die Geseënde Maagd Maria
† Die profesie van Simeon (Lukas 2:23-35)
(by die opdra van Jesus in die Tempel)
† Die vlug na Egipte (Matteus 2:13-15)
† Toe die Kind Jesus in die Tempel agtergebly het (Lukas 2:41-50)
† Maria ontmoet Jesus op pad na Golgota (Lukas 23:27-31; Johannes 19:17)
† Jesus word gekruisig en sterf aan die Kruis (Johannes 19:25-30) (Stabat Mater)
† Maria ontvang die liggaam van Jesus (Johannes 19:25-30) (Pietà)
† Jesus word in die graf neergelê (Johannes 23:50-56; Markus 15:40-47)
POUS FRANCISKUS
Get 10% off your first purchase when you sign up for our newsletter!
Hierdie kaplet, ook bekend as die Rosekrans van die Sewe Smarte of die Serviete Rosekrans, bevat sewe stelle van sewe krale, sowel as sewe medaljes wat die Smarte van Maria verteenwoordig.
In 1239 het die nuutgestigte Orde van die Dienaars van die Heilige Maagd Maria besluit om hul Orde aan die Smarte van Maria te wy en om voortdurend en veral oor haar Sewe Smarte te mediteer. Sewe is 'n getal wat op volheid dui. Die Serviete het veral hierdie kaplet tydens die Swart Pes van die 14de eeu onder die bevolkiing van die Europeese kontinent bevorder en versprei.
• Bid 'n Akte of Daad van Berou
(Opsioneel maar tog sterk aanbeveel)
• Bid een Ons Vader-gebed,
• en sewe Wees Gegroet-gebede
( elk vir een van die Sewe Smarte van Maria)
• Bid drie Wees Gegroet-gebede
(Ter herinnering van haar geseënde trane)
• Bid een Ons Vader-gebed,
• en een Wees gegroet-gebed,
• Eindig met een Eer aan die Vader-gebed
(vir die Heilige Vader se intensies)
Laastens, bid drie keer "Maagd die hartseerste, bid vir ons".
In sy boek, getiteld "The Glories of Mary", noem Sint Alphonsus Liguori vier seëninge wat Ons Here sal toestaan aan hulle wat oor Die Sewe Smarte van Onse Liewe Vrou mediteer:
1. Hulle wat hulself met die goddelike moeder verenig, sal deur haar smarte, voor die dood, die genade ontvang om ware berou oor al hul sondes te verkry.
2. Dat Hy diesulkes in verdrukkinge sal beskerm, veral in die uur van die dood.
3. Dat hulle sy passie altyd voor oë sal hou, en dat hulle hul beloning daarvoor in die hemel sal ontvang.
4. Hy sulke vroom dienaars in Maria se hande sal toevertrou, sodat sy vir hulle al die genade kan verkry wat sy begeer en finaal oor hulle sal beskik.
Ontelbare aantal parogies en gemeenskappe wêreldwyd is aan die Onse Liewe Vrou van Smarte toegewy en nasies, onder andere Slovenia, Hongarye, Pole asook Malta is aan Maria, Onse Liewe Vrou van Smarte toegewy.
Deur Maria as Onse Liewe Vrou te eer, verleen ons die grootste mate van respek aan die moeder van Onse Here Jesus Chrisus en haar enkelvoudige vrouwees (Lukas 1:48).
Buiten die mees algemene Onse Liewe Vrou van Smarte, word sy ook met verwysing na haar Sewe Smarte as Mater Doloroasa, Onse Liewe Vrou van die Sewe Smarte, die Smartvolle Moeder of Moeder van Smarte aangeroep.
SINT ALPHONSUS LIGUORI
Copyright © 2024 AfrikaansKatoliek-Seisoene-en-Feeste - All Rights Reserved.
Powered by GoDaddy Website Builder
We use cookies to analyze website traffic and optimize your website experience. By accepting our use of cookies, your data will be aggregated with all other user data.