AfrikaansKatoliek-Seiesoen-en-Feeste
AfrikaansKatoliek-Seiesoen-en-Feeste

'DIE BLYE BOODSKAP VAN JESUS CHRISTUS'

SEISOENE & FEESTE | SINT MATTEUS, APOSTEL & EVANGELIS

WANNEER EN HOEKOM WORD DIE MATTEUS-FEES GEVIER?

WANNEER EN HOEKOM WORD DIE MATTEUS-FEES GEVIER?

WANNEER EN HOEKOM WORD DIE MATTEUS-FEES GEVIER?

Die Fees van Matteus, Apostel en Evangelis word op 21 September in die Katolieke Kerk gevier. Matteus was een van die Twaalf Apostels, wat deur Onse Here Jesus self geroep is. Hy is veral bekend vanweë sy beroep as tollenaar ten tye van sy roeping en ook sy latere rol as een van die vier Evangeliste. Die Kerk vier die Fees van hierdie groot Heilige uit eerbied vir sy rol as Apostel van Christus, sy Evangeliegeskrifte en sy Evangelisasiewerk.

WAT WEET ONS OMTRENT MATTEUS?

WANNEER EN HOEKOM WORD DIE MATTEUS-FEES GEVIER?

WANNEER EN HOEKOM WORD DIE MATTEUS-FEES GEVIER?

Die Markus-Evanglie (2:14) vertel ons dat Matteus die seun van Alpheus en waarskynlik 'n Galileër was. Hy het as tollenaar in Kapernaum opgetree en is daarom deur die Fariseërs verag. Toe hy deur Jesus geroep is, het Matteus dadelik opgestaan en Jesus gevolg en hy het ook vir Jesus 'n feesmaal in sy huis voorberei:  Tollenaars en sondaars het gevolglik saam met Jesus en Sy dissipels aan tafel gesit en dit het aanleiding gegee tot groot protes van die Fariseërs wat Jesus bestraf het en wie Jesus met hierdie woordegeantwoord het: " Ek het nie gekom om regverdiges te roep nie, maar sondaars ." Markus 2:17

HOE HET MATTEUS EN JESUS ONTMOET?

 Matteus se roeping word in die drie Sinoptiese Evangelies; Matteus, Markus en Lukas beskryf.  Hier volg die beskrywing van die gebeurtenis soos dit in die Matteus-Evangelie vervat word (9:9-13; DV).

 

9 Toe Jesus van daar af verder gaan, sien Hy 'n man met die naam Matteus by die tolhuis sit en sê vir hom: “Volg My!” En hy het opgestaan en Hom gevolg.

10 Toe Hy in die huis vir ete aanleun, het daar onverwags ook baie •tollenaars en sondaars opgedaag en saam met Jesus en sy dissipels vir ete aangeleun. 11Die Fariseërs het dit gesien en vir sy dissipels gevra: “Waarom eet julle leermeester saam met tollenaars en sondaars?”

12Toe Jesus dit hoor, het Hy gesê: “Gesonde mense het nie 'n dokter nodig nie, maar wel die siekes. 

13 Gaan leer wat beteken, ‘Ek wil barmhartigheid hê en nie offerande nie.’ Ek het immers nie gekom om regverdiges te roep nie, maar sondaars.”

14Toe het Johannes se dissipels na Jesus gekom en gesê: “Waarom vas ons en die •Fariseërs gereeld, maar u dissipels vas nie? ” 

15Jesus het hulle geantwoord: “Die bruilofsgaste kan tog nie treur terwyl die bruidegom by hulle is nie? Maar daar kom 'n tyd wanneer die bruidegom van hulle weggeneem sal word, en dan sal hulle vas.

16 “Niemand werk 'n ongekrimpte stuk lap op 'n ou kledingstuk vas nie; want die lap trek los van die kledingstuk, en 'n groter skeur ontstaan.

17 “'n Mens gooi ook nie nuwe wyn in ou leersakke nie; anders bars die sakke oop, die wyn loop uit en die sakke gaan tot niet. Nee, 'n mens gooi nuwe wyn in nuwe leersakke, en beide bly behoue.”

18 Hy was nog besig om dié dinge aan hulle te sê, en kyk, daar kom 'n sekere leier aan, kniel voor Hom en sê: “My dogter het pas gesterf, maar kom lê u hand op haar, en sy sal leef.” 

19 Jesus het opgestaan en hom gevolg, en sy dissipels ook.

“DAAROM SÊ EK VIR JULLE, MOET JULLE NIE BEKOMMER OOR JULLE LEWE, OOR WAT JULLE SAL EET, OF OOR WAT JULLE SAL DRINK, OF OOR JULLE LIGGAAM, WAT JULLE SAL AANTREK NIE. IS DIE LEWE DAN NIE BELANGRIKER AS KOS EN DIE LIGGAAM AS KLERE NIE?


Matteus 6:25

WAAR IN DIE HEILIGE SKRIF WORD DAAR NA MATTEUS VERWYS?

WAAR IN DIE HEILIGE SKRIF WORD DAAR NA MATTEUS VERWYS?

WAAR IN DIE HEILIGE SKRIF WORD DAAR NA MATTEUS VERWYS?

Daar word vyf keer in die Nuwe Testament van Matteus gepraat: eers in Matteus 9:9, wanneer Jesus hom roep om Hom te volg, en dan vier keer in die lys van die Apostels, waar hy in Lukas 6:15 en Markus 3:18 as 7de genoem word , terwyl Matteus 10:3 en Handelinge 1:13 hom en weer in die agtste plek van die lys van die Apostels plaas. 

WIE WAS LEVI?

WAAR IN DIE HEILIGE SKRIF WORD DAAR NA MATTEUS VERWYS?

WAAR IN DIE HEILIGE SKRIF WORD DAAR NA MATTEUS VERWYS?

Die man genaamd "Matteus" van wie Matteus 9:9 vertel, "wat by die tolhuis (belastingkantoor) gesit het" is dieselfde persoon wat as Levi in Markus 2:14 en Lukas 5:27 beskryf word. Die verslae van die man se roeping is identies, wat beteken dat Matteus en Levi dieselfde persoon is. 

WAARVOOR IS MATTEUS VERAL BEKEND?

WAARVOOR IS MATTEUS VERAL BEKEND?

WAARVOOR IS MATTEUS VERAL BEKEND?

Sint Matteus is veral bekend daarvoor dat hy 'n tollenaar was (Matteus 10:3) wat Apostel geword het en eweneens vir sy rol as Evangelis.

HOE HET MATTEUS GESTERF?

WAARVOOR IS MATTEUS VERAL BEKEND?

WAARVOOR IS MATTEUS VERAL BEKEND?

Menings verskil ten opsigte van die plek en ook die presiese manier van Sint Matteus se martelaarskap. Ons weet nie definitief nie of hy verbrand, gestenig of onthoof is nie. Die datum van sy dood is eweneens onseker, hoewel die Kerk besluit het om sy fees op 21 September te vier. 

“KOM NA MY TOE, ALMAL WAT VERMOEID EN SWAAR BELAS IS, EN EK SAL JULLE RUS GEE. NEEM MY JUK OP JULLE, EN LEER VAN MY, OMDAT EK SAGMOEDIG EN NEDERIG VAN HART IS, EN JULLE SAL RUS VIND VIR JULLE GEMOED. WANT MY JUK IS DRAAGLIK EN MY LAS IS LIG.”


Matteus 11:28-30

WAT KAN MATTEUS ONS LEER?

 In sy besinning oor Jesus en sy verhouding met Sint Matteus, die Apostel het pous Emeritus Benedictus XVI gesê dat dit eerstens duidelik is dat Jesus se vriendskap niemand uitsluit nie. Inderdaad, dit was juis terwyl hy aan tafel was in die huis van Matteus-Levi, en in reaksie op diegene wat geskok was dat hy met mense geassosieer het wat so min gehad het om hulle aan te beveel en volgens hulle nie Jesus se tyd of aandag verdien het nie, het hy die treffende en belangrike stellingsantwoord gemaak:


“Gesonde mense het nie 'n dokter nodig nie, 

maar wel die siekes. 

Ek het nie gekom om regverdiges te roep nie, 

maar sondaars.”  (Markus 2:17). 


Die Blye Boodskap van die Evangelie is juis om God se genade aan die sondaar te bied! Matteus-Levi van die Evangelies bied vir ons 'n ware en behoorlike paradoks: diegene wat skynbaar die verste van heiligheid is, selfs hulle kan 'n model word van die aanvaarding van God se genade en sodoende bied hulle 'n blik op die wonderlike gevolge daarvan in hul eie lewens.  


'n Verdere les wat ons by Matteus kan leer, is dat hy onmiddellik reageer op Jesus se oproep: "hy het opgestaan en Hom gevolg." By Matteus leer ons om Christus onmiddellik en vertrouend te antwoord wanneer Hy roep. "Toe Jesus van daar af verder gaan, sien Hy 'n man met die naam Matteus by die tolhuis sit en sê vir hom: “Volg My!” En hy het opgestaan en Hom gevolg." (Matteus 9:9) 

'n AFLAAIBARE E-BOEK

'n AFLAAIBARE E-BOEK

MOET NIE AGTERWEË GELAAT WORD NIE

Get 10% off your first purchase when you sign up for our newsletter!

“MOENIE VIR JULLE SKATTE OP AARDE BYMEKAARMAAK NIE, DAAR WAAR MOT EN ROES VERNIEL, EN WAAR DIEWE INBREEK EN STEEL. MAAR MAAK VIR JULLE SKATTE IN DIE HEMEL BYMEKAAR, DAAR WAAR MOT EN ROES NIE VERNIEL NIE, EN WAAR DIEWE NIE INBREEK EN STEEL NIE. WANT WAAR JOU SKAT IS, DAAR SAL JOU HART OOK WEES."

HOEKOM IS DIE MATTEUS-EVANGELIE DIE EERSTE VAN DIE 4 EVANGELIES?

HOEKOM IS DIE MATTEUS-EVANGELIE DIE EERSTE VAN DIE 4 EVANGELIES?

HOEKOM IS DIE MATTEUS-EVANGELIE DIE EERSTE VAN DIE 4 EVANGELIES?

In ongeveer 130 n.C. het ene Biskop Papias van Hiërapolis reeds getuig dat Sint Matteus die, Apostel die eerste was wat 'n versameling van Jesus se woorde in Aramees saamgestel het. Daarom word die Evangelie van Matteus beskou as die eerste geskrewe Evangelie en is dit eerste in die Nuwe Testament geplaas, alhoewel sommige kenners glo dat die Evangelie van Markus die eerste in 'n voltooide vorm was.

WIE HET DIE MATTEUS-EVANGELIE GESKRYF?

HOEKOM IS DIE MATTEUS-EVANGELIE DIE EERSTE VAN DIE 4 EVANGELIES?

HOEKOM IS DIE MATTEUS-EVANGELIE DIE EERSTE VAN DIE 4 EVANGELIES?

Daar word aanvaar dat Matteus, geïnspireer deur die Heilige Gees, die Matteus-Evangelie geskryf het. 


Die Kategismus van die Katolieke Kerk (106),  sê omtrent die inspirasie en waarheid van die Heilige Skrif dat God die menslike skrywers van die heilige boeke geïnspireer het. "Om ... ... saam te stel, het God ... ... gekies wat, .... hul eie fakulteite en vermoë ten volle benut het, sodat, hoewel God daarin en deur hulle opgetree het, sodat die skrywers dit neergeskryf het wat God ook al bedoel het neergeskryf moet word, en niks meer nie." 

HOEKOM HET MATTEUS SY EVANGELIE GESKRYF?

HOEKOM IS DIE MATTEUS-EVANGELIE DIE EERSTE VAN DIE 4 EVANGELIES?

HOE VERSKIL DIE MATTEUS-EVANGELIE VAN DIE RES?

Na Jesus se Hemelvaart het die Apostels uitgegaan en die Evangelie aan alle nasies verkondig. Hulle het uitgegaan na verskillende plekke en verkondig en die mense geleer wat die Here gedoen het en wat hulle by Jesus geleer het. Geïnspireer deur die Heilige Gees, het hulle met groot wysheid gepreek en is hulle uiteindelik deur die Heilige Gees geïnspireer om die Evangelies te skryf.

HOE VERSKIL DIE MATTEUS-EVANGELIE VAN DIE RES?

HOE VERWYS DIE MATTEUS-EVANGELIE OORWEGEND NA JESUS?

HOE VERSKIL DIE MATTEUS-EVANGELIE VAN DIE RES?

Die Matteus-Evangelie stem dikwels ooreen met Markus en Lukas s'n. Daar word bespiegel dat of Matteus of Markus die eerste Evangelie geskryf het en die ander een dan van die oorspronklike skrywer "geleen" het. Die Lukas-Evangelie is soos hierdie twee en daarom word die drie die "Sinoptiese Evangelies" genoem omdat hulle 'n gedeelde siening het. 


Johannes se Evangelie verskil wesenlik van die eerste drie. In die Sinoptiese Evangelies word historiese gebeure chronologies gesorteer, terwyl Johannes se Evangelie meer teologies diepgaande is omdat hy minder verhale in vergelyking met die ander Evangelies vertel. Wanneer hy verslae verskaf het, is hulle wel gevul met detail. 

HOE WORD JESUS IN MATTEUS SE EVANGELIE UITGEBEELD?

HOE VERWYS DIE MATTEUS-EVANGELIE OORWEGEND NA JESUS?

HOE VERWYS DIE MATTEUS-EVANGELIE OORWEGEND NA JESUS?

Die Matteus-Evangelie fokus op die verkondiging van die boodskap van die koninkryk van God. Matteus het sy Evangelie in Aramees geskryf in die hoop dat sy verslag sy mede-Joodse broeders sou oortuig dat Jesus die Messias is en dat sy koninkryk op 'n geestelike manier in Hom vervul is.


Matteus 12 bevestig dat Jesus Israel lei na iets groter as die wette en gebruike waaraan hulle gewoond was. Die mense het destyds niks anders as hulle wette geken nie. Matteus toon Jesus as die "Here van die Sabbat" (Matteus 12:8), en wys dat Hy bo die wette waaraan hulle gewoond was verhef is en daaroor mag het en dat Jesus gekom het om hulle van wette en gewoontes na vryheid te lei.

HOE VERWYS DIE MATTEUS-EVANGELIE OORWEGEND NA JESUS?

HOE VERWYS DIE MATTEUS-EVANGELIE OORWEGEND NA JESUS?

HOE VERWYS DIE MATTEUS-EVANGELIE OORWEGEND NA JESUS?

 Matteus verwys gereeld in sy Evangelie na Jesus as "Messias", "Koning", "Here" en "Seun van die mens". 


Hierdeur weerspieël Matteus die profetiese verwagting dat Jesus die langverwagte Messias, die nakomeling van koning Dawid, maar tog beide Here (God) en Seun van die mens (letterlik "seun van Adam") is. 


Verder beeld Matteus in hoofstuk 21:5, Jesus uit as die "Koning" wat die profesie uit die Ou Testament vervul (Sagaria 9:9). 

HOE LANK NADAT JESUS GESTERF HET IS DIE NUWE TESTAMENT GESKRYF?

HOE LANK NADAT JESUS GESTERF HET IS DIE NUWE TESTAMENT GESKRYF?

HOE LANK NADAT JESUS GESTERF HET IS DIE NUWE TESTAMENT GESKRYF?

Die Nuwe Testament is oor die bestek van vyftig jaar ná Jesus se dood geskryf, en is eers in die 80's en 90's nC. voltooi met Johannes se volwasse refleksies en insigte soos dit in sy Evangelie, sy briewe en Openbaring bevat word.

WATTER EVANGELIEVERHAAL IS DIE AKKURAATSTE?

HOE LANK NADAT JESUS GESTERF HET IS DIE NUWE TESTAMENT GESKRYF?

HOE LANK NADAT JESUS GESTERF HET IS DIE NUWE TESTAMENT GESKRYF?

Elke Evangelis deel die verhaal van Jesus se lewe en onderrig op sy eie manier en maak sy eie keuse van gebeure wat in sy verhaal op geteken is. Die sinoptiese Evangelies stem die meeste ooreen en volg 'n historiese indeling, terwyl Johannes se Evangelie in diens staan van Johannes se teologiese doel. Die Kerk se bevestiging van hul goddelike inspirasie, sonder om die skrywers se menslike vryheid en skryfwyse te verminder, waarborg dat die waarheid omtrent Jesus Christus getrou oorgedra word.

WIE IS DIE VIER EVANGELISTE?

HOE LANK NADAT JESUS GESTERF HET IS DIE NUWE TESTAMENT GESKRYF?

WIE IS DIE VIER EVANGELISTE?

Die vier Evangeliste is Sint Matteus, die Apostel, Sint Markus (metgesel van Sint Petrus), Sint Lukas (metgesel van Sint Paulus) en Johannes, die Apostel.

MATTEUS AS BESKERMHEILIGE

HOE WORD MATTEUS VOORGESTEL?

WIE IS DIE VIER EVANGELISTE?

St Matteus word as die beskermheilige van bankiers, staatsamptenare en belastinggaarders aangeroep.

HOE WORD MATTEUS VOORGESTEL?

HOE WORD MATTEUS VOORGESTEL?

HOE WORD MATTEUS VOORGESTEL?

Sint Matteus word simbolies en tradisioneel voorgestel as 'n gevleuelde man wat 'n kenmerkende lans in sy hand hou.

WAT BETEKEN MATTEUS?

HOE WORD MATTEUS VOORGESTEL?

HOE WORD MATTEUS VOORGESTEL?

Matteus beteken "gawe van God."

SOSIALE MEDIA BRONMATERIAAL

AFLAAIBARE PDF KAART

J. S. BACH SE SINT MATTEUS PASSIE

Die verhaal vir die Bach meesterstuk is meestal geneem uit die Evangelie volgens Matteus, terwyl Bach klaarblyklik die getoonsette verse ontleen het uit die werke van verskeie kontemporêre digters wat aan hom bekend was; Christian Friedrich Henrici, 'n digter wat onder die naam Picander gepubliseer het, was een van die hoof teksbydraers.

AfrikaansKatoliek - Seisoene en Feeste

Copyright © 2025 AfrikaansKatoliek-Seisoene-en-Feeste - All Rights Reserved.

Powered by

This website uses cookies.

We use cookies to analyze website traffic and optimize your website experience. By accepting our use of cookies, your data will be aggregated with all other user data.

Accept