Op 15 Augustus vier die Kerk die feit dat Maria, die Moeder van God, aan die einde van haar aardse lewe in die hemel opgeneem is.
Die Kategismus van die Katolieke Kerk (KKK 974) bepaal: "Die Geseënde Maagd Maria, toe die verloop van haar aardse lewe voltooi is, is liggaam en siel opgeneem in die heerlikheid van die hemel, waar sy reeds deel in die heerlikheid van haar Seun se opstanding, in afwagting van die opstanding van alle lede van sy Liggaam."
KKK 966 "Uiteindelik is die Onbevlekte Maagd, vry van alle vlekke van erfsonde, toe die verloop van haar aardse lewe voltooi was, liggaam en siel opgeneem in hemelse heerlikheid en deur die Here as koningin verhef oor alle dinge, sodat sy meer volledig gelykvormig kan wees aan haar Seun, die Here van die here en oorwinnaar van sonde en dood" (Pous Pius XII, Munificentissimus Deus).
Die Tenhemelopneming van die Heilige Maagd is 'n unieke deelname aan haar Seun se Opstanding en 'n afwagting van die opstanding van ander Christene: Deur geboorte te gee, het jy jou maagdelikheid behou; in u Insluimering het u nie die wêreld verlaat nie, o Moeder van God, maar is u verbind tot die bron van die lewe. U het die lewende God verwek en sal deur u gebede ons siele van die dood verlos (Bisantynse liturgie, Troparion, Fees van die Insluimering van Onse Liewe Vrou).
Soos in die geval met die dogma van haar Onbevlekte Ontvangenis, word die dogma van Maria-Tenhemelopneming nie eksplisiet in die Skrif vermeld nie. Dit is dogmaties gedefinieer deur pous Pius XII in 1950 in sy ensikliek, Munificentissimus Deus, toe hy verwys het na vele "heilige skrywers wat ... stellings en verskillende beelde en analogieë van die Heilige Skrif gebruik om die leer van die Tenhemelopneming te illustreer en te bevestig ... Hy het beklemtoon dat hy nie 'n nuwe leerstelling openbaar nie, maar eerder sy goddelike opdrag vervul om 'die openbaring wat deur die Apostels gelewer is, getrou te bevestig'. Die Kerk leer dat die dogma van die Tenhemelopneming ten minste implisiet teenwoordig was in die Skrif en die Apostoliese Tradisie en daarom 'n wettige teken is van die "beskerming van die Gees van die Waarheid".
In die ensikliek het pous Pius XII verwys na verskeie Skrifgedeeltes wat volgens hom die leerstelling van die die Tenhemelopneming van Maria illustreer. Sommige van hulle sluit in:
1) "Staan op, Here, gaan na u rusplek, U en u magtige ark." Psalm 132 (131):8
2) [Die Eggenoot van Hooglied] wat " WIE is dit wat daar opkom uit die woestyn soos rookpilare, omgeurd van mirre en wierook, van allerhande speserye van die koopman?" (Hooglied 3:6)
3) "Toe het daar 'n indrukwekkende teken in die hemel verskyn: 'n vrou beklee met die son." (Openbaring 12)
4) "Aan die rusplek van my voete sal Ek eer gee." (Jesaja 60:13)
5) "Wie is dit wat daar uit die woestyn kom aan die arm van haar liefste?" (Hooglied 8:5)
In 'n homilie vir Maria-Tenhemelopneming het pous Johannes Paulus II gesê: "In die hemel opgeneem, wys Maria ons die weg na God, die weg na die hemel, die weg na die lewe. Sy wys dit aan haar kinders wat in Christus gedoop is en aan alle mense van goeie wil. Sy maak hierdie weg veral oop vir die kleintjies en vir die armes, diegene vir wie die goddelike genade veral bedoel is. Die Koningin van die wêreld openbaar aan individue en aan nasies die krag van die liefde van God ...."
Die Tenhemelopneming van Maria is vanaf die begin dae van die Kerk as 'n geloofswaarheid gehou en geleer en uiteindelik gedefinieer as 'n dogma deur pous Pius XII in 1950. In sy Apostoliese Konstitusie Munificentissimus Deus skryf hy: "Ons verkondig en definieer as 'n dogma wat deur God geopenbaar is, dat die onbevlekte Moeder van God, Maria altyd maagd, toe die verloop van haar aardse lewe klaar was, liggaam en siel opgeneem is in die heerlikheid van die hemel."
St. Johannes Paulus II
By die kruisiging het Jesus vir Johannes gevra om vir Maria te sorg. " Toe Jesus sy moeder sien, asook die dissipel vir wie Hy lief was, wat by haar staan, sê Hy vir sy moeder: “Vrou, kyk, daar is u seun!” Daarna sê Hy vir die dissipel: “Kyk, daar is jou moeder!” En van daardie oomblik af het die dissipel haar in sy huis geneem." (Joh. 19:26-27).
Van toe af was Maria saam met die dissipels (Hand 1:14), veral tydens die uitstorting van die Heilige Gees op Pinkster (Hand 2). Die Kategismus van die Katolieke Kerk sê: "Na haar Seun se Hemelvaart het Maria 'die begin van die Kerk deur haar gebede gehelp'. In haar omgang met die apostels en verskeie vroue, 'sien ons Maria ook deur haar gebede, die gawes van Gees afsmeek, die Gees wat haar reeds sedert haar Aankondiging oorskadu het'" (KKK 965).
Alhoewel die dogma van Tenhemelopneming nie hierdie punt aanspreek of insluit nie, gee die pous 'n verslag van die liturgiese en teologiese tradisie wat leer dat die Maagd Maria, in ooreenstemming met die voorbeeld van haar Seun, gesterf het, onverganklik bewaar is en dan deur God uit die dood opgewek is.
Pius XXII, Munificentissimus Deus 20 . . . dit volg dat die heilige Vaders en die Dokters van die Kerk, in die homilieë en preke wat hulle op hierdie feesdag aan die volk gelewer het, nie hul leer uit die fees self geneem het as die primêre bron nie, maar eerder van hierdie leer gepraat het as iets wat reeds deur Christus se gelowiges geken en aanvaar is. Die fees beklemtoon en wys na die feit dat die dooie liggaam van die Heilige Maagd Maria onverganklik gebly het, en ook dat sy triomf uit die dood behaal het: haar hemelse verheerliking volgens die voorbeeld van haar eniggebore Seun, Jesus Christus. Hierdie is waarhede wat gereeld deur liturgiese boeke (bondig en of kortliks) aangeraak is.
Die Oosterse Kerke, hetsy Katoliek of Ortodoks, verwys na hierdie gebeurtenis as haar Insluimer in Christus of "aan die slaap raak in Christus", 'n uitdrukking wat vir die dood in die Nuwe Testament gebruik word.
Alhoewel die Bybel nie uitdruklik sê dat Maria in die Hemel opgeneem is nie, is die profetiese tradisie aangaande die Messias onafskeidbaar van die Vrou wat aan Hom geboorte geskenk het (Gen. 3:15). In hierdie teks, waarvan die konteks die skepping en val van Adam en Eva is, het die Vaders van die Kerk die Nuwe Adam en die Nuwe Eva gesien. Dit het voortgebou op die gedagte van Paulus in Romeine 5, dat as Adam 'n tipe van Christus was, Eva 'n tipe Maria was. Net so, as die "nee" van Eva gelei het tot die val van Adam, wat as hoof van die menslike geslag die dood aan ons oorgedra het as die straf vir sy sonde, het die "ja" van Maria die oorwinning oor die dood van ons menslike natuur in Christus gelei. Dit sou dus ondenkbaar wees dat die Seun Sy Moeder sou laat om te vergaan, maar eerder dat Hy Haar sou opwek om in Sy oorwinning te deel.
NEE: Katolieke aanbid SLEGS die Drie-enige God: Vader, Seun en Heilige Gees. Dit sou in werklikheid sondig wees om Maria te aanbid. Teoloë noem goddelike aanbidding latria, of die aanbidding slegs aan God verskuldig.
In Engels is die woord "worship" egter dubbelsinnig. In Britse Engels word dit dikwels gebruik ten opsigte van hoë ampsbekleërs, met die bedoeling om hulle te erken of te eer weens die waardigheid van hul amp.
Dawid het byv. aan Saul sulke eer betoon omdat God hom as koning oor Israel aangestel het. Sulke "aanbidding" is afgeleid en verkrygbaar in die Vader, net soos Paulus geleer het (Ef. 3:14-15), vergelykbaar met wat die Dekaloog vir ouers beveel het (Ex. 12:20; Dt. 5:16). Ongelukkig dra die Engelse woord "worship" nie die subtiliteit van die Latyn wat deur die Kerk gebruik word nie, en in Amerikaanse Engels merk ons dat "worship" vir God gereserveer is. Die Kerk se teologiese term dulia, afkomstig van die Latynse woord vir diens , verwoord die eerbied en respek wat aan 1) al die getroue dienaars van God (Mt. 24:21-23), 2) asook die engele en heiliges wat God self met krone van heerlikheid vereer (Spr. 16:31; 1 Tim. 4:8; 1 Pet. 5:4; Openb. 4:4), verskuldig is. Ons eer hulle en sluit op ons beurt saam met hulle aan om God, die bron van alle heiligheid, te eer (Op. 4:9-11).
Maria is egter nie sommer enige ander heilige nie. Sy is die Theotokos, die Goddraer of Moeder van God (Luk. 1:43; Konsilie van Efese, "Teen Nestorius"). Sy is die ware Verbondsark wat die Woord self, die Brood van die Hemel, en die Goeie Herder gedra het (Heb. 9:3-5; Op. 11:19-12:1). Die aartsengel het vir haar gesê dat sy "vol genade" was (Luk. 1:28), en Elisabet, deur die Heilige Gees gelei, het haar "geseënd onder die vroue" genoem (Luk. 1:42). Om hierdie redes en nog meer, verleen die Kerk aan Maria 'n eer wat groter is as wat aan al die heiliges en engele gegee word: ons noem dit hiperdulia, of die grootste eer. Tog is dit nog steeds nie daardie aanbidding, latria nie, wat ons aan God alleen (Vader, Seun en Heilige Gees) gee nie.
Pous Franciskus
Die 5 Glorieryke Geheimenisse van die Rosekrans is:
1ste Glorieryke Geheimenis
Jesus staan op uit die dode
2de Glorieryke Geheimenis
Jesus vaar op na die hemel
3de Glorieryke Geheimenis
Die Heilige Gees daal neer op die apostels
4de Glorieryke Geheimenis
Maria word in die hemel opgeneem
5de Glorieryke Geheimenis
Maria word in die hemel gekroon
Daar is 10 universele heilige dae van verpligting vir die Kerk. Biskoppekonferensies kan egter kies om sommige daarvan nie op die spesifieke dag te vier nie en om dit na volgende Sondag oor te dra nie, met goedkeuring van die Apostoliese Stoel (Rome).
Die Suider-Afrikaanse norm (deur die Suider-Afrikaanse Katolieke Biskoppekonferensie bepaal), word tussen hakies aangedui.
In Openbaring 12 het die "vrou geklee met die son" 'n kroon van twaalf sterre. Katolieke geleerdes het dit nog altyd verstaan en interpreteer as verwysend na beide die twaalf stamme van Israel en die twaalf apostels. Ook verteenwoordig dit die mense van beide die Ou en die Nuwe Verbond, van wie Maria hul koningin is. Sy is koningin van Israel, as moeder van Israel se koning, en koningin van die Kerk, as moeder van die koning wat Verlosser is, en daardeur van al die verlostes.
St. Johannes Damascene
As Moeder van die Here (Luk 1:43) is Maria ook ons geestelike Moeder. Dit is reeds vooraf gewys in die Genesis-verhaal (3:15), waarin die Saad van die Vrou die kop van die Slang sal vermorsel.
Die Here Jesus maak dit duidelik deur die gebruik van die titel "Vrou" om Sy moeder aan te spreek op sleutelpunte in Sy bediening en sending; aan die begin daarvan (Joh. 2:4) en aan die einde daarvan (Joh. 19:26). In hierdie gebruike staan Maria as antitese teenoor die natuurlike vrou, Eva, wat God, Adam en ons in die steek gelaat het.
As die Nuwe en getroue Eva is die "Vrou" Maria die moeder van al die bonatuurlike lewe in Christus, aangesien Eva "moeder van die hele lewendes" in die natuurlike orde is (Gen. 3:20, Joh. 19:27, Op. 12:7). In 2005 op die Tenhemelopneming het pous Benedictus XVI liefdevol van hierdie Vrou en Moeder gepraat en gesê: "Terwyl sy op hierdie aarde gewoon het, kon sy net naby 'n paar mense wees. Om in God te wees, wat naby ons is, eintlik 'binne' ons almal, deel Maria in hierdie nabyheid van God. Omdat sy in God en by God is, is sy naby elkeen van ons, ken sy ons harte, kan sy ons gebede verhoor, kan sy ons help met haar moederlike goedhartigheid en is sy aan ons gegee, soos die Here gesê het, juis as 'n 'moeder' na wie ons onsself elke oomblik kan wend."
Ons leer uit die Kategismus van die Katolieke Kerk dat die geseënde Maagd Maria volgens die orde van genade die Moeder van die Kerk is, omdat sy Jesus in die wêreld gebring het; Hy wat die Seun van God is en Hoof van die Liggaam, die Kerk. By sy sterwe aan die kruis het Jesus haar as Moeder van sy dissipels aangewys met die woorde: "daar is jou moeder" (Joh. 19:27).
Na die Hemelvaart van haar Seun het sy die eerstelinge van die Kerk met haar gebede gehelp. Ook nadat sy in die hemel opgeneem is, bly sy vir haar kinders bid, bly sy vir almal 'n voorbeeld van geloof en liefde, en bly sy op hulle 'n heilsame invloed uitoefen wat voortvloei uit die oorvloed van Christus se verdienste. Gelowiges herken in haar 'n toonbeeld en 'n voorsmaak van die opstanding wat op hulle wag, en roep haar aan as voorspreekster, helper, bystand en middelares.
Daar is ontelbare lesse wat ons by die Geseënde Moeder kan leer, beginnende met haar eie oorgawe aan die wil van God, "laat dit vir my wees volgens u woord" (Luk.1:38). Hierdie oorgawe kan opgesom word deur haar woorde wat aan die dienaars gerig is tydens die bruilofsfees van Kana, "doen net wat Hy vir julle sê" (Joh. 2:5).
Die Geseënde Maagd Maria is 'n voorbidder vir die Vader, Seun en Heilige Gees. Net soos Maria haar Goddelike Seun gevra het om te help tydens die bruilofsfees in Kana (Joh. 2:1-11), pleit sy ook by Hom ter wille van ons. So 'n aandeel in Christus se eie voorbidding is gepas en reg in ooreenstemming wat Hy aan al sy getroue volgelinge gee (vgl. Op. 4 en Op. 8).
Dit is ook dieselfde in die natuurlike orde. As ons ons vriende en familie sou vra om vir ons voornemens te bid, waarom sou ons nie ook diegene naaste aan God - die heiliges, engele en veral die Geseënde Maagd - vra om vir ons te bid nie?
Get 10% off your first purchase when you sign up for our newsletter!
Copyright © 2024 AfrikaansKatoliek-Seisoene-en-Feeste - All Rights Reserved.
Powered by GoDaddy Website Builder
We use cookies to analyze website traffic and optimize your website experience. By accepting our use of cookies, your data will be aggregated with all other user data.